Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g97 4/8 bl. 31
  • Vroue leef langer maar nie noodwendig beter nie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vroue leef langer maar nie noodwendig beter nie
  • Ontwaak!—1997
  • Soortgelyke materiaal
  • Vroue se verbeterde rol in ons dag
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • “Vroue wat hard werk in die Here”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Respek en waardigheid omdat God omgee
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Wat hou die toekoms vir vroue in?
    Ontwaak!—1998
Sien nog
Ontwaak!—1997
g97 4/8 bl. 31

Vroue leef langer maar nie noodwendig beter nie

REGOOR die wêreld trou vroue later in hulle lewe, het hulle minder kinders en leef hulle langer. “Vroue se lewe is besig om te verander”, berig die tydskrif UNESCO Sources. Tussen 1970 en 1990 het vroue se verwagte lewensduur by geboorte met vier jaar toegeneem in die ontwikkelde wêreld en met byna nege jaar in ontwikkelende lande. “Dit beteken dat vroue in die ontwikkelde gebiede vandag gemiddeld 6,5 jaar langer as mans leef. In die ontwikkelende gebiede is die verskil vyf jaar in Latyns-Amerika en die Karibiese See, 3,5 jaar in Afrika en drie jaar in Asië en die Stille Oseaan.”

Maar vir baie vroue beteken ’n langer lewe nie ’n beter lewe nie. Our Planet, ’n tydskrif van die Verenigde Nasies, sê dat basiese menseregte vir die meeste van die wêreld se vroue nog steeds “die versiersel op die koek [is] wat hulle nog nooit geproe het nie. Hulle probeer nog steeds net doodgewone brood en water in die hande kry.” Tog, sê die VN, is selfs basiese menseregte buite die bereik van miljoene omdat die oorweldigende meerderheid van die wêreld se ongeletterdes, vlugtelinge en arm mense steeds vroue is. Ten spyte van ’n bietjie vooruitgang, sluit UNESCO Sources af, “lyk die hele situasie vir vroue . . . maar somber”.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel