Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g03 2/8 bl. 3-4
  • “’n Barbaarse misdaad”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “’n Barbaarse misdaad”
  • Ontwaak!—2003
  • Soortgelyke materiaal
  • Waarom ’n groeiende probleem?
    Ontwaak!—2003
  • “Ek sal ’n einde aan jou prostitusie maak”
    Rein aanbidding van Jehovah – Uiteindelik herstel!
  • Diskriminasie teen die vroulike geslag
    Ontwaak!—1998
  • Inhoudsopgawe
    Ontwaak!—2003
Sien nog
Ontwaak!—2003
g03 2/8 bl. 3-4

“’n Barbaarse misdaad”

MARIAa het ’n kinderprostituut geword toe sy 14 jaar oud was. Sy het hierdie verskriklike lewe begin lei omdat haar eie ma, wat vir haar gesê het dat sy mooi is en dat mans baie van haar sal hou, daarop aangedring het. Boonop sou sy baie geld verdien. In die aand het Maria se ma haar na ’n motel geneem waar hulle met mans kontak gemaak het. Haar ma het buite gewag vir die betaling. Maria het elke aand seks met drie of vier mans gehad.

Nie ver van waar Maria gebly het nie, is die 13-jarige Carina ook gedwing om ’n prostituut te word. Soos baie ander gesinne in dié gemeenskap wat op die suikerplantasies werk, het Carina se gesin haar liggaam verkoop om hulle karige inkomste aan te vul. In ’n ander gebied het Estela op ’n vroeë ouderdom skool verlaat, sonder om eers te leer lees en skryf, en ’n straatprostituut geword. En Daisy was ongeveer ses jaar oud toe sy seksueel gemolesteer is deur een van haar broers—die eerste van baie kere wat sy die slagoffer van bloedskande was. Sy was 14 toe sy ’n prostituut geword het.

In baie wêrelddele is kinderprostitusie ’n skokkende werklikheid. Die gevolge is tragies. Dikwels raak kinderprostitute, hetsy hulle dit as ’n voltydse of deeltydse werk doen, ook by misdaad en dwelmmisbruik betrokke. Baie van hulle voel gefrustreerd en dat hulle niks werd is nie en sien min of geen vooruitsig om van hulle ellendige lewewyse bevry te word nie.

Invloedryke mense besef watter vernietigende uitwerking kinderprostitusie het. Die voormalige president van Brasilië, Fernando Henrique Cardoso, het heel tereg gesê: “Kinderprostitusie is ’n barbaarse misdaad.” ’n Brasiliaanse koerant het hierdie insiggewende kommentaar oor kinderprostitusie gemaak: “Lande waar hierdie gebruik algemeen is, asook geduld, aanvaar en selfs bevorder word weens die [geld] wat dit inbring, ondervind elke dag die vernietiging wat dit meebring. Enige finansiële voordeel wat dit moontlik inhou, word altyd oorskadu deur die individuele, gesins- en maatskaplike tragedies wat deur hierdie gebruik veroorsaak word.”

Maar kinderprostitusie is ’n groeiende probleem, ondanks die edele voornemens van diegene wat dit wil beëindig. Wat gee aanleiding tot hierdie afstootlike situasie? Waarom word hierdie misdade deur soveel geduld of selfs bevorder?

[Voetnoot]

a Name in hierdie voorbladreeks is verander.

[Lokteks op bladsy 3]

“Kinderprostitusie is ’n barbaarse misdaad.”—BRASILIË SE VOORMALIGE PRESIDENT, FERNANDO HENRIQUE CARDOSO

[Lokteks op bladsy 4]

“Alle vorme van seksuele uitbuiting is onversoenbaar met menslike waardigheid en skend derhalwe basiese menseregte, ongeag die ouderdom, geslag, ras, etnisiteit of klas van die slagoffer.”—UNESCO SOURCES

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel