Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g03 4/8 bl. 20-21
  • Wat is materialisme?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat is materialisme?
  • Ontwaak!—2003
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Hulle het rykdom en eer gehad
  • Die liefde vir geld
  • Selfondersoek is nodig
  • Die seën van Jehovah maak ryk
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • ’n Christelike beskouing van rykdom
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Ware voorspoed in God se nuwe wêreld
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Vasbeslote om geestelik ryk te wees
    Ontwaak!—2007
Sien nog
Ontwaak!—2003
g03 4/8 bl. 20-21

Die Bybel se beskouing

Wat is materialisme?

MENSE word gebore met die vermoë om geestelikgesind te wees en met ’n behoefte om God te aanbid. Maar die mens is ook uit stoflike elemente geskep en het materiële behoeftes en die vermoë om materiële dinge te geniet. Sommige Christene het ’n oorvloed materiële rykdom. Bewys dit op sigself dat hulle materialisties is of ’n gebrek aan geestelikheid het? In teenstelling hiermee is die vraag: Is die armes minder geneig om materialisties te wees en meer geneig om geestelikgesind te wees?

Jy sal ongetwyfeld saamstem dat materialisme baie meer behels as om bloot ’n oorvloed rykdom of besittings te hê. Kyk na die volgende Bybelvoorbeelde van wat materialisme werklik is en hoe ’n mens die gevare kan vermy wat dit vir jou geestelikheid inhou.

Hulle het rykdom en eer gehad

Party getroue knegte van God in Bybeltye het rykdom en eer gehad. Abraham was byvoorbeeld “baie ryk aan vee en silwer en goud” (Genesis 13:2). Job het bekend gestaan as “die grootste van al die Oosterlinge” omdat hy baie vee en ’n groot groep knegte gehad het (Job 1:3). Konings van Israel, soos Dawid en Salomo, het ontsaglike rykdom besit.—1 Kronieke 29:1-5; 2 Kronieke 1:11, 12; Prediker 2:4-9.

Daar was ryk Christene in die eerste-eeuse gemeente (1 Timoteus 6:17). Lidia word “’n purperverkoopster, van die stad Tiatira en ’n aanbidder van God”, genoem (Handelinge 16:14). Purper en die kledingstukke wat daarmee gekleur is, was duur en gewoonlik net vir diegene met aansien of rykdom. Lidia kon dus ook ryk gewees het.

Daarenteen was sekere getroue aanbidders van Jehovah in Bybeltye baie arm. Natuurrampe, ongelukke en sterftes het party gesinne in armoede gedompel (Prediker 9:11, 12). Hoe moeilik moes dit tog vir behoeftiges gewees het om te sien dat ander rykdom en materiële besittings het! Dit sou nogtans verkeerd van hulle gewees het om die rykes as materialisties te beskou of om te dink dat die armes God in groter mate dien. Waarom? Kyk byvoorbeeld wat tot materialisme aanleiding gee.

Die liefde vir geld

Een woordeboek omskryf materialisme as “’n beheptheid met of beklemtoning van materiële dinge eerder as verstandelike of geestelike dinge”. Materialisme spruit dus uit ons begeertes, ons prioriteite en die dinge waarom ons lewe draai. Dit word duidelik getoon deur die volgende twee Bybelvoorbeelde.

Jehovah het Barug, die profeet Jeremia se sekretaris, ernstig vermaan. Barug was waarskynlik arm weens die omstandighede in Jerusalem en sy noue omgang met die ongewilde Jeremia. Jehovah het nogtans gesê: “Maar wat jou betref, jy hou aan om vir jou groot dinge te soek. Moet dit nie aanhou soek nie.” Barug het dalk materialisties begin word en behep geraak met ander se rykdom en materiële sekuriteit. Jehovah het Barug herinner dat Hy hom van Jerusalem se komende vernietiging sou verlos, maar dat Hy nie sy besittings sou bewaar nie.—Jeremia 45:4, 5.

Jesus het ’n illustrasie vertel van ’n man wat ook met materiële dinge behep was. Hierdie man het hom op sy rykdom toegespits en nie gebruik wat hy gehad het, om meer in God se diens te doen nie. Die ryk man het gesê: “Ek sal my voorraadskure afbreek en groteres bou, . . . en ek sal vir my siel sê: ‘Siel, jy het talle goeie dinge wat vir baie jare weggesit is; ontspan, eet, drink, wees vrolik.’” Jesus het toe gesê: “Maar God het vir hom gesê: ‘Onredelike mens, vannag eis hulle jou siel van jou op. Wie gaan dan die dinge kry wat jy opgegaar het?’ So gaan dit met die mens wat vir homself skatte vergaar, maar nie ryk is teenoor God nie.”—Lukas 12:16-21.

Wat lig hierdie twee verslae toe? Dit help ons om te sien dat iemand nie materialisties is omdat hy baie het nie, maar omdat materiële dinge vir hom die belangrikste is. Die apostel Paulus het gesê: “Dié wat . . . vasbeslote is om ryk te wees, val in versoeking en ’n strik en talle sinnelose en skadelike begeertes, wat mense in vernietiging en verderf stort. Want die liefde vir geld is ’n wortel van allerhande skadelike dinge, en deur hierdie liefde na te streef, is party van die geloof af op ’n dwaalspoor gebring en het hulle hulleself oral met baie pyne deurboor” (1 Timoteus 6:9, 10). Dit is die vasbeslotenheid om ryk te wees en die liefde vir materiële dinge wat probleme veroorsaak.

Selfondersoek is nodig

Christene is versigtig om die strik van materialisme te vermy, ongeag wat hulle ekonomiese situasie is. Die krag van rykdom is bedrieglik en kan ons geestelikheid verstik (Matteus 13:22). Voor ons ons kom kry, kan materiële dinge vir ons belangriker as geestelike dinge word, wat droewige gevolge kan hê.—Spreuke 28:20; Prediker 5:10.

Dit sal dus goed wees as Christene hulle prioriteite en die dinge waarom hulle lewe draai, ondersoek. Geestelikgesinde mense, hetsy hulle min of baie materiële dinge het, probeer om Paulus se raad te volg om hulle hoop “nie op onsekere rykdom te vestig nie, maar op God, wat aan ons alles ryklik vir ons genot verskaf”.—1 Timoteus 6:17-19.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel