Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g03 11/22 bl. 15
  • Seep—’n “Doen-dit-self-entstof”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Seep—’n “Doen-dit-self-entstof”
  • Ontwaak!—2003
  • Soortgelyke materiaal
  • Van luukse tot noodsaaklikheid—Die geskiedenis van seep
    Ontwaak!—2005
  • Reinheid—Waarom is dit belangrik?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Was jou hande en droog hulle af!
    Ontwaak!—1998
  • Ses maniere om jou gesondheid te beskerm
    Ontwaak!—2003
Sien nog
Ontwaak!—2003
g03 11/22 bl. 15

Seep—’n “Doen-dit-self-entstof”

“DIE tweede grootste doodsoorsaak onder kinders in die wêreld is nie malaria, tuberkulose of vigs nie. Dit is . . . diarree”, berig die tydskrif The Economist. Maar baie van hierdie jong slagoffers sou vandag geleef het as hulle en hulle gesinne hulle hande gereeld met seep gewas het.

Navorsers by die Londense Skool vir Higiëne en Tropiese Geneeskunde het gevind dat “diarreesiektes met 43% verminder kan word as mense hulle hande behoorlik was”, sê The Economist. “Dit kan moontlik net so ’n groot impak hê op asemhalingskanaalinfeksies, die grootste doodsoorsaak onder kinders. Volgens ’n grootskaalse studie wat vir die Amerikaanse weermag gedoen is, het verkoue en hoes met 45% afgeneem toe troepe hulle hande vyf keer per dag gewas het.” In ontwikkelende lande kan die meeste gesinne seep bekostig. Daarom word dit gepas beskryf as “’n soort doen-dit-self-entstof”. En dit is pynloos daarby!

Die Bybel moedig ook reinheid aan. “Laat ons ons . . . reinig van alles wat liggaam en gees verontreinig”, sê 2 Korintiërs 7:1 (Die Bybel, 1983). Hoewel God hoofsaaklik oor ons geestelike reinheid besorg is, beskou hy persoonlike higiëne ook as belangrik (Levitikus, hoofstukke 12-15). Natuurlik verwag hy nie dat ons tot uiterstes moet gaan nie. Maar ons moet in die gewoonte kom om ons hande te was nadat ons toilet toe gegaan het, nadat ons ’n baba gewas of sy doek omgeruil het, voordat ons kos voorberei of eet en enige ander geleenthede waar daar ’n redelike kans bestaan dat ons skadelike kieme of virusse aan ander kan oordra. Deur ons hande gereeld te was, betoon ons Christelike liefde aan ons gesin en almal met wie ons dalk in aanraking kom.—Markus 12:31.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel