Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g05 2/22 bl. 21
  • “Rommel”-DNS?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Rommel”-DNS?
  • Ontwaak!—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • Ondersoek die bewyse
    Ontwaak!—2011
  • Waar het die instruksies vandaan gekom?
    Vyf belangrike vrae oor—Die oorsprong van lewe
  • Jou selle​—⁠Lewende biblioteke!
    Ontwaak!—2015
  • Die bergingsvermoë van DNS
    Ontwaak!—2013
Sien nog
Ontwaak!—2005
g05 2/22 bl. 21

“Rommel”-DNS?

BAIE navorsers gebruik die evolusieteorie as uitgangspunt vir hulle studie van biologie, genetika en verwante studievelde. Hierdie beskouing het dikwels daartoe gelei dat hulle verkeerde gevolgtrekkings maak. Byvoorbeeld, vroeë Darwiniste het sekere organe, soos die blindederm, pituïtêre klier en mangels, geklassifiseer as rudimentêr. Hulle het dit beskou as evolusionêre oorblyfsels omdat hierdie organe skynbaar geen funksie meer gehad het nie. Mettertyd het die belangrike rol van hierdie organe egter aan die lig gekom. Evolusioniste moes dus van hulle aanvanklike beskouings afsien.

’n Soortgelyke verwikkeling het onlangs op die gebied van die genetika plaasgevind. Vroeë navorsing het aan die hand gedoen dat sowat 98 persent van die DNS in mense en ander organismes geen funksie het nie. Gevolglik het baie wat deur die evolusieteorie beïnvloed is, aangeneem dat hierdie DNS “evolusionêre rommel” is—en dit het gou die ortodokse beskouing geword.

Maar weer eens is ’n veronderstelling wat op Darwinisme gegrond is, verkeerd bewys. Onlangs het wetenskaplikes ontdek dat “rommel”-DNS ’n lewensbelangrike rol in die liggaam speel deur spesiale vorms van RNS (ribonukleïensuur) te vervaardig wat noodsaaklik is om lewe te onderhou. John S. Mattick, die hoof van die Instituut vir Molekulêre Biowetenskappe by die Universiteit van Queensland in Australië, meen dat die oorhaastige aanvaarding van die “rommel”-DNS-teorie “’n klassieke voorbeeld is van ortodoksie wat die objektiewe ontleding van die feite ontspoor, en in hierdie geval meer as ’n kwarteeu lank”. Hierdie mislukking, sê hy verder, “sal moontlik onthou word as een van die grootste foute wat in die geskiedenis van molekulêre biologie gemaak is”.

Is dit nie baie verstandiger om te erken dat DNS ’n intelligente Ontwerper het nie? Mense wat hierdie beskouing huldig, besef dat die redes vir die raaiselagtige aspekte van God se skepping gewoonlik mettertyd aan die lig kom. Sulke bevindinge ontnugter hulle nie, maar vul hulle eerder met selfs groter ontsag.—Spreuke 1:7; Prediker 3:11.

[Foto-erkennings op bladsy 21]

DNS: Photo: www.comstock.com; navorser: Agricultural Research Service, USDA

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel