Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 4/06 bl. 8-9
  • Verbly julle in die hoop

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Verbly julle in die hoop
  • Ontwaak!—2006
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoop selfs vir die dooies
  • Hoop vir die haweloses en die armes
    Ontwaak!—2015
  • Malta se gasvryheid bring seëninge mee
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • ’n Betroubare gids tot geluk
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • “Kyk! Ek maak alles nuut”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2013
Sien nog
Ontwaak!—2006
g 4/06 bl. 8-9

Verbly julle in die hoop

JOE het terminale kanker gehad. Sy vrou, Kirsten, en ’n paar vriende het langs sy bed gestaan en gesels. Kirsten het na haar man gekyk en trane oor sy wange sien rol. Sy het eers gedink dat Joe in pyn verkeer. Miskien het hy, maar hy het vir sy vrou gesê dat pyn nie dié keer die oorsaak van sy trane is nie.

“Gedurende daardie moeilike tyd”, sê Kirsten, “was Joe omring deur goeie vriende wat gekom het om by hom te wees. Hy was ook nou sekerder as ooit tevore dat sy kosbare hoop verwesenlik sou word, en hy het geweet dat niemand dit van hom kon wegneem nie. Hy het gesê dat sy trane in werklikheid trane van vreugde was. Later daardie aand is Joe oorlede.”

Watter hoop het Joe gedurende sy siekte onderskraag? Dit was Jehovah God se belofte van ewige lewe in volmaakte gesondheid op ’n paradysaarde (Psalm 37:10, 11, 29). Openbaring 21:3, 4 sê: “Die tent van God is by die mensdom . . . Hy sal elke traan van hulle oë afvee, en die dood sal daar nie meer wees nie, en ook verdriet en angsgeroep en pyn sal daar nie meer wees nie. Die vorige dinge [insluitende al die probleme van vandag] het verbygegaan.”

Hoop selfs vir die dooies

Joe se hoop sal verwesenlik word wanneer hy uit die graf opstaan. Trouens, hy het vertroosting uit Jesus se belofte geput dat “almal wat in die gedenkgrafte is”—die dooies wat in God se geheue bewaar is—uit hulle doodslaap sal kom (Johannes 5:28, 29). Is jy hartseer omdat jy ’n gesinslid of ’n vriend aan die dood afgestaan het? Indien wel, kan ook jy bemoedig word deur die opstandingshoop. Hierdie hoop verwyder weliswaar nie die intense gevoel van verlies wat ons ervaar wanneer ’n geliefde sterf nie. Jesus self het “trane gestort” toe sy vriend Lasarus gesterf het. Maar ons hoop maak ons pyn draagliker.—Johannes 11:14, 34, 35; 1 Tessalonisense 4:13.

“Toe Joe sy stryd teen kanker verloor het”, sê Kirsten, “het ek gevoel dat ek nooit weer werklik gelukkig kon wees nie. Selfs nou, ’n paar jaar later, besef ek dat my lewe in hierdie stelsel nooit weer dieselfde sal wees nie. Joe het ’n leemte gelaat wat nie gevul kan word nie. Maar ek kan eerlikwaar sê dat ek weer gemoedsrus het en tevrede voel.”

Kirsten se kommentaar herinner ons daaraan dat ons nie in die teenswoordige stelsel moet verwag om elke oomblik van ons lewe oor te loop van vreugde nie. Die lewe het hoogtepunte en laagtepunte. En daar is tye wanneer ons hartseer moet wees, wanneer dit heeltemal onvanpas is om vrolik te wees (Prediker 3:1, 4; 7:2-4). Van ons sukkel ook met depressie, wat verskeie oorsake kan hê. Die Bybel se beloftes is nietemin ’n bron van groot vertroosting, en die ongeëwenaarde wysheid wat ons in die Bybel vind, kan ons help om baie van die slaggate te vermy wat ongelukkigheid veroorsaak. “Wat die een betref wat na my luister”, sê God, “hy sal in veiligheid woon en nie deur vrees vir rampspoed versteur word nie.”—Spreuke 1:33.

Ja, Jehovah dra ons belange op die hart. Hy wil hê ons moet gelukkig wees—nie net op die oppervlak nie, maar diep in ons hart; ook nie net vir ’n paar jaar nie, maar vir altyd! Daarom het sy Seun hierdie waarlik tydlose stelling gemaak: “Gelukkig is dié wat bewus is van hulle geestelike behoefte” (Matteus 5:3). As ons sy woorde ter harte neem, is ons wys.

[Venster/Prent op bladsy 9]

Nege bestanddele vir geluk

1. Kweek ’n geestelike beskouing van die lewe aan.—Matteus 5:3.

2. Wees vergenoeg, en vermy “die liefde vir geld”.—1 Timoteus 6:6-10.

3. Hou genot op sy plek.—2 Timoteus 3:1, 4.

4. Wees vrygewig, en doen dinge om ander gelukkig te maak.—Handelinge 20:35.

5. Wees dankbaar en tel jou seëninge.—Kolossense 3:15.

6. Wees vergewensgesind.—Matteus 6:14.

7. Kies jou vriende wyslik.—Spreuke 13:20.

8. Pas jou gesondheid op, en vermy slegte gewoontes.—2 Korintiërs 7:1.

9. ‘Verbly jou in die hoop’ wat vir jou in die Bybel uiteengesit is.—Romeine 12:12.

[Prente op bladsy 8, 9]

Die Bybelse hoop van lewe in ’n nuwe wêreld is ’n bron van groot vertroosting

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel