Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 5/08 bl. 7
  • ’n Veilige toekoms onder god se heerskappy

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Veilige toekoms onder god se heerskappy
  • Ontwaak!—2008
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Wonderlike toekoms!
  • Die enigste ware goeie nuus
  • Die hoop wat die ware godsdiens bied
    Ontwaak!—1999
  • Wat is die Koninkryk van God?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2016
  • ’n Koninkryk “wat nooit vernietig sal word nie”
    Aanbid die enigste ware God
  • God se koninkryk heers
    Kennis wat tot die ewige lewe lei
Sien nog
Ontwaak!—2008
g 5/08 bl. 7

’n Veilige toekoms onder god se heerskappy

ONS bekommernisse oor die toekoms sal binnekort iets van die verlede wees, want God sal beheer oor die planeet Aarde oorneem deur middel van sy eie regering, wat God se Koninkryk genoem word. Jesus Christus het daardie wonderlike vooruitsig in gedagte gehad toe hy vir sy volgelinge geleer het om te bid: “Laat u koninkryk kom. Laat u wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde.”—Matteus 6:9, 10.

God se Koninkryk sal nie met menslike politieke leiers saamwerk of deur hulle werk nie. Dit sal eerder elke spoor van menslike selfregering verwyder, soos aangedui word in die volgende profesie van Daniël oor “die laaste dae”, die tyd waarin ons lewe (2 Timoteus 3:1). “In die dae van dié konings sal die God van die hemel ’n koninkryk oprig wat nooit vernietig sal word nie. . . . Dit sal al hierdie [mensgemaakte] koninkryke verbrysel en daar ’n einde aan maak, en self sal dit tot onbepaalde tye bly staan” (Daniël 2:44). Daardie woorde bied geen vertroosting of hoop aan dié wat menseheerskappy verkies nie, maar vir almal wat smag na God se soewereiniteit deur middel van sy Koninkryk, bied dit ’n wonderlike vooruitsig.

’n Wonderlike toekoms!

Wanneer God se Koninkryk oor die hele aarde heers, sal die onderdane daarvan nie verdeeld wees as gevolg van politiek, ras, godsdiens of lyne op ’n kaart nie. Hulle sal eerder ’n wêreldwye broederskap vorm wat verenig is deur geestelike waarheid en opregte liefde (Johannes 13:34, 35; 17:3, 17). Ja, onder Koninkryksheerskappy “sal die regverdige bloei” en sal daar ’n “oorvloed van vrede [wees] totdat die maan nie meer is nie”.—Psalm 72:7.

Benewens hierdie dinge sal God se Koninkryk gehoorsame mense tot verstandelike en liggaamlike volmaaktheid verhef en alle siekte, lyding en dood uit die weg ruim (Openbaring 21:3, 4). Die gevolg? Ons planeet sal in elke opsig ’n paradys wees, en God se oorspronklike voorneme soos hy dit in Eden uiteengesit het, sal dus verwesenlik word.a—Genesis 1:28.

Die enigste ware goeie nuus

Toe Jesus sy saamgestelde teken van “die voleinding van die stelsel van dinge” gegee het, het hy ’n element ingesluit wat veral merkwaardig sou wees (Matteus 24:3-7). Hy het gesê: “Hierdie goeie nuus van die koninkryk sal in die hele bewoonde aarde verkondig word as ’n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom.”—Matteus 24:14.

In ooreenstemming met God se wil het byna sewemiljoen Getuies van Jehovah in 2007 die Koninkryksboodskap in 236 lande aan ander verkondig en vreugdevol ver oor die 1,4 miljard uur van hulle eie tyd aan hierdie werk bestee. Waarom is die Getuies so vas oortuig van die beloftes in die Bybel? Die antwoord is eintlik heel eenvoudig. Soos die volgende artikel verduidelik, kom God altyd sy beloftes na.—Romeine 3:4.

[Voetnoot]

a Sien die artikel “Die Bybel se beskouing: Sal die aarde ’n paradys wees?” op bladsy 10.

[Lokteks op bladsy 7]

Die Bybel sê dat daar ’n “oorvloed van vrede” sal wees

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel