Hoe Sal jy antwoord?
Waar het dit gebeur?
1. In watter rivier is die baba Moses gevind?
LEIDRAAD: Lees Eksodus 2:1-10.
Omkring jou antwoord op die kaart.
Eufraat
Jordaan
Nyl
◼ Wie het Moses van ’n afstand dopgehou?
․․․․․
◼ Wie het Moses gevind toe hy in die rivier gedryf het?
․․․․․
◼ Wie is gekies om Moses te soog?
․․․․․
VIR BESPREKING:
Watter eienskappe het Moses se suster geopenbaar? Hoe kan jy die voorbeeld van Moses se suster navolg, as jy ’n broer of suster het?
In hierdie nommer
Beantwoord hierdie vrae, en voorsien die ontbrekende Bybelvers(e).
BLADSY 8 Wat sal elke skerpsinnige doen? Spreuke 13:․․․
BLADSY 8 Wat sal gebeur as jy jou afsonder? Spreuke 18:․․․
BLADSY 9 Wat doen ’n goeie moeder? Spreuke 31:․․․
BLADSY 9 Waarom moet jy denkvermoë ontwikkel? Spreuke 2:․․․
Prentejag vir kinders
Kan jy hierdie prente in die tydskrif vind? Beskryf in jou eie woorde wat in elke prent gebeur.
Wie is deel van Jesus se geslagslyn?
Kyk na die leidrade. Slaan die tekste na. Skryf dan die korrekte name in die spasies neer.
2. ․․․․․
LEIDRAAD: Ek is met melaatsheid getref omdat ek reukwerk op Jehovah se altaar probeer brand het.
Lees 2 Kronieke 26:16-19.
3. ․․․․․
LEIDRAAD: Ek was die goeie koning wat die boonste poort van Jehovah se huis gebou het. Lees 2 Kronieke 27:1-4.
4. ․․․․․
LEIDRAAD: Ek het my eie seuns as ’n offerande in die Hinnomvallei verbrand.
Lees 2 Kronieke 28:3, 4.
◼ Antwoorde op bladsy 12
ANTWOORDE OP VRAE OP BLADSY 31
1. Die Nyl.
◼ Moses se suster.
◼ Farao se dogter.
◼ Moses se moeder.
2. Ussia.—Matteus 1:8.
3. Jotam.—Matteus 1:9.
4. Agas.—Matteus 1:9.