Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 9/11 bl. 15
  • “Ek is nie dood nie”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Ek is nie dood nie”
  • Ontwaak!—2011
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat gebeur wanneer jy sterf?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Wat gebeur by die dood?
    Ontwaak!—2007
  • Geeste het nie op die aarde geleef en gesterf nie
    Geeste van die dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? bestaan hulle werklik?
  • Watter hoop is daar vir die dooies?
    Goeie nuus wat van God kom!
Sien nog
Ontwaak!—2011
g 9/11 bl. 15

“Ek is nie dood nie”

“Moenie by my graf staan met trane wat loop nie,

Ek is nie daar nie.

Ek is nie dood nie.”

● Die lirieke hierbo is ’n vertaling van die slotreëls van ’n bekende Engelse gedig waarvan daar ook ’n liedjie gemaak is. Gedurende die afgelope paar dekades was hierdie gedig vir mense regoor die wêreld vertroostend. Dit is oor die jare heen aan verskillende digters toegeskryf. Party mense het selfs beweer dat dit ’n Navajo-begrafnisgebed is. In Engels is die eerste reël: “Moenie by my graf staan en ween nie”, bekender as die slotreëls hierbo.

Die gedig was ’n paar jaar gelede ’n trefferliedjie in Japan, maar dit het ook baie verwarring veroorsaak. Japannese besoek hulle familiegraf dikwels om eer te betoon aan familielede wat hulle meen nog daar lewend is. As gevolg van hierdie liedjie, wat die teenoorgestelde leer, het baie gevra: “Waar is die dooies dan nou eintlik?”

Japannese Boeddhiste hou al baie lank begrafnisse, lykwake en gedenkdienste. Maar die meeste Boeddhiste kan nie die vraag: Waar is die dooies? beantwoord nie. Ook nie vrae soos: Gaan die dooies van ander godsdienste of volke na dieselfde plek toe? Waarom antwoord die dooies nie?

Baie meen dat sulke vrae onbeantwoordbaar is en dat dit ’n mors van tyd is om na die antwoorde te soek. Nogtans wonder jy dalk: ‘Wat gebeur wanneer ons sterf?’ Waar kan die antwoorde gevind word? Die Bybel sê dat God die eerste mensepaar as volmaakte mense geskep het en hulle ’n pragtige tuintuiste gegee het. Hulle het die vooruitsig gehad om vir ewig in die Paradys op aarde te lewe as hulle aan God gehoorsaam bly. Maar hulle het nie.

Daarom het God opgetree. Hy het die egpaar uit hulle Paradystuiste gesit en opgehou om hulle lewens te onderhou. Hy het verduidelik wat die gevolge van hulle ongehoorsaamheid sou wees: “Stof is jy en tot stof sal jy terugkeer.” Die mens is van stof gemaak, en hy keer uiteindelik—wanneer hy sterf—tot stof terug.—Genesis 2:7; 3:19.

’n Man in Kofoe, Japan, wat by ’n groot begraafplaas werk, het gesê: “Die askruike is vol beentjies en as wanneer ek dit in die begraafplek sit. Ná omtrent vyf jaar is dit halfleeg. Ná tien jaar is daar in baie van die askruike hoegenaamd niks oor nie.” Ons liggame bestaan uit elemente wat in die grond is, en mettertyd ontbind dit en keer dit tot stof terug. Wat bly dan oor?

Hoewel alle bewustheid by die dood eindig, sal ons Maker, wat selfs weet wanneer ’n mossie doodgaan, ons uit liefde onthou (Matteus 10:29-31). Soos hy belowe het, sal hy ons ’n opstanding gee, ja, hy sal ons weer lewend maak. Hy sal ons uit die slaap van die dood roep.—Job 14:13-15; Johannes 11:21-23, 38-44.

As jy meer omtrent hierdie onderwerp wil weet, kan jy aan die uitgewers van hierdie tydskrif skryf, wat met graagte vir jou verdere inligting sal gee, of jy kan ons webwerf besoek by www.watchtower.org.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel