Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 10/11 bl. 2
  • Bladsy twee

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bladsy twee
  • Ontwaak!—2011
  • Soortgelyke materiaal
  • Voed jou kind van kleins af op
    Die geheim van gesinsgeluk
  • Kry goeie raad
    Ontwaak!—2007
  • Is jou jong kind besig om ‘tot redding te groei’?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Jou rol as ouer
    Ontwaak!—2004
Sien nog
Ontwaak!—2011
g 10/11 bl. 2

Bladsy twee

Hoe om verantwoordelike kinders groot te maak

Dit is waarskynlik die laaste ding waaraan ouers dink wanneer hulle na hulle kosbare pasgebore baba kyk. Maar die eenvoudige waarheid is: Daardie klein babatjie sal grootword en uiteindelik ’n jong volwassene wees wat op sy eie sal woon. Dit is wat veronderstel is om te gebeur, want die Bybel sê dat “’n man sy vader en sy moeder [sal] verlaat” (Genesis 2:24). Dieselfde geld natuurlik vir ’n jong vrou.

Nietemin voel baie ouers bekommerd wanneer die bittersoet dag aanbreek dat ’n volwasse seun of dogter die huis verlaat. ‘Het ek my kind reg grootgemaak?’ wonder hulle. ‘Sal hy [of sy] ’n werk kan behou, op sy eie kan bly in ’n woonstel en volgens ’n begroting kan lewe?’ Nog belangriker: ‘Sal my kind lewe volgens die waardes wat ons by hom [of haar] probeer inskerp het?’—Spreuke 22:6; 2 Timoteus 3:15.

Hierdie spesiale uitgawe van die Ontwaak! sal toon hoe die Bybel se raad ouers gedurende elke stadium van hulle kind se ontwikkeling kan help.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel