Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 11/11 bl. 3
  • Die allerbelangrikste vraag

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die allerbelangrikste vraag
  • Ontwaak!—2011
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Ware geloof berus op grondige bewyse
  • Beoefen geloof in Jehovah se beloftes
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2016
  • Geloof
    Ontwaak!—2016
  • Geloof – ’n Eienskap wat ons help om sterk te wees
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2019
  • Beoefen geloof wat op die waarheid gegrond is
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
Sien nog
Ontwaak!—2011
g 11/11 bl. 3

Die allerbelangrikste vraag

“KAN daar ’n belangriker vraag in die geskiedenis van die mensdom wees as: ‘Is daar ’n God?’” het die genetikus Francis S. Collins gevra. Dit is ’n kragtige punt. As daar geen God is nie, is daar geen lewe ná hierdie lewe nie, geen hoër gesag wat sedelike kwessies betref nie.

Die rede waarom sommige mense twyfel of God bestaan, is omdat baie wetenskaplikes nie aan hom glo nie. Maar gewilde beskouings kan soms heeltemal verkeerd wees, soos die volgende artikel sal toon.

Ongelukkig het baie van die wêreld se godsdienste tot die verwarring bygedra deur dinge te leer wat goed gevestigde wetenskaplike kennis weerspreek. ’n Goeie voorbeeld hiervan is die onbybelse idee dat God die wêreld ’n paar duisend jaar gelede binne ses dae van 24 uur elk geskep het.

Weens al hierdie teenstrydige teorieë en filosofieë stel baie mense nie meer daarin belang om uit te vind of God werklik bestaan nie. Maar wat kan lonender—en van groter belang—wees as om ’n betroubare antwoord op so ’n fundamentele vraag te vind? Nie een van ons het God natuurlik al gesien nie, en ons was ook nie teenwoordig toe die heelal en lewe in aansyn gekom het nie. Hetsy ons dus aan God glo of nie, ons beskouings behels ’n mate van geloof. Maar watter soort geloof?

Ware geloof berus op grondige bewyse

Geloof is—ten minste in sekere mate—’n belangrike deel van ons lewe. Ons aanvaar werk met die verwagting dat ons betaal sal word. Ons plant gewasse met die versekering dat die sade sal ontkiem. Ons vertrou ons vriende. En ons stel vertroue in die wette wat die heelal beheer. Dit is ’n ingeligte geloof, want dit is op bewyse gegrond. Net so berus geloof in die bestaan van God op bewyse.

In Hebreërs 11:1 sê die Bybel: “Geloof is . . . die duidelike bewys van werklikhede hoewel hulle nie gesien word nie.” ’n Ander vertaling sê: “Geloof . . . maak ons seker van die dinge wat ons nie sien nie” (The New English Bible). Ter toeligting: Terwyl jy op ’n strand stap, voel jy skielik dat die grond onder jou voete skud. Dan sien jy dat die seewater vinnig terugtrek. Jy besef waarop hierdie verskynsels dui: ’n tsoenami is op pad. In hierdie geval vorm die skudding tesame met die water wat skielik terugtrek, ’n “duidelike bewys” van die werklikheid wat jy nog nie kan sien nie, die naderende golwe. Jou ingeligte geloof beweeg jou dan om na hoogliggende terrein en veiligheid te vlug.

Geloof in God moet ook ’n ingeligte geloof wees, ’n reaksie op oortuigende bewyse. Slegs dan kan God vir jou ’n ‘onsigbare werklikheid’ word. Moet jy ’n wetenskaplike wees om hierdie bewyse te ondersoek en te beoordeel? Die Nobelpryswenner Vladimir Prelog het erken dat selfs “Nobelpryswenners nie groter kennis as ander mense oor God, godsdiens en lewe ná die dood het nie”.

’n Opregte hart en ’n dors na waarheid moet jou beweeg om die bewyse objektief te ondersoek en toe te laat dat daardie bewyse jou tot die regte slotsom laat kom. Watter bewyse kan ons ondersoek?

[Prent op bladsy 3]

’n Boer het geloof dat sade sal ontkiem en groei

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel