Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 3/12 bl. 15-17
  • Is dit verkeerd om gewild te wees?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Is dit verkeerd om gewild te wees?
  • Ontwaak!—2012
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe belangrik is dit om gewild op sosiale media te wees?
    Jongmense vra
  • Sê nou ek word afgeknou?
    Jongmense vra
  • Sê nou ek word by die skool geboelie?
    Antwoorde op 10 vrae wat jongmense vra
  • Wat as ek nie inpas nie?
    Jongmense vra
Sien nog
Ontwaak!—2012
g 3/12 bl. 15-17

Jongmense vra

Is dit verkeerd om gewild te wees?

Vul die woord in wat die volgende stelling voltooi:

Dit is ․․․․․ goed om gewild te wees.

  1. A. altyd

  2. B. soms

  3. C. nooit

DIE regte antwoord is “B”. Waarom? Want om gewild te wees, beteken bloot dat baie mense van jou hou—en dit is nie altyd verkeerd nie! Die Bybel het voorspel dat Christene “’n lig van die nasies” sou wees en dat mense tot hulle aangetrokke sou voel (Jesaja 42:6; Handelinge 13:47). In hierdie sin kan daar gesê word dat Christene gewild is.

Het jy geweet?

Jesus was gewild. Selfs toe hy jonk was, het hy “guns by God en die mense” verkry (Lukas 2:52). En toe Jesus ’n volwassene was, “het groot menigtes hom uit Galilea en Dekapolis en Jerusalem en Judea en van oorkant die Jordaan gevolg”, sê die Bybel.—Matteus 4:25.

Waarom was dit nie verkeerd nie?

Omdat Jesus nie roem gesoek het of gewildheid nagejaag het nie, en hy was nie desperaat om ander se goedkeuring te verkry nie. Jesus het eenvoudig gedoen wat reg is—en soms het dit mense se guns gewen (Johannes 8:29, 30). Terselfdertyd het Jesus besef dat die goedkeuring van mense, wat dikwels van mening verander, net tydelik sou wees. Hy het geweet dat hulle hom later sou doodmaak!—Lukas 9:22.

Die slotsom:

Gewildheid is soos rykdom. Dit is nie altyd verkeerd om ryk te wees nie. Die probleem is eerder wat mense doen om dit te verkry—of te behou.

Waarskuwing!

Talle jongmense sal enigiets doen om gewild te wees. Party is mensebehaers wat die menigte volg. Ander is afknouers wat mense probeer dwing om hulle te bewonder—selfs al is dit net uit vrees.a

Op die volgende bladsye sal ons hierdie twee bedrieglike paaie na gewildheid bespreek. Dan sal ons na ’n beter pad kyk.

Nog artikels uit die reeks “Jongmense vra” kan gevind word op die webwerf www.watchtower.org/ype

a Die Bybel praat van “die Nefilim”, afknouers wat ook “manne van naam” genoem is. Hulle het hoofsaaklik daarin belanggestel om hulle eie roem na te jaag.—Genesis 6:4.

PAAIE NA GEWILDHEID

DIE MENSEBEHAER

  • Ek het ander se goedkeuring nodig.

  • Om dit te kry, moet ek soos hulle optree.

“Ek het my gedrag probeer verander om by ander in te pas. Aan die begin het dit gelyk of dit werk. Maar later het ek besef dat jy nooit moet verander wie jy is, bloot om deur ander aanvaar te word nie.”—Nicole.

Bybelbeginsel: “Moenie iets doen net omdat al die ander dit doen nie. . . . Jy moenie toelaat dat hulle jou oorhaal om verkeerde dinge te doen nie.”—Eksodus 23:2, Holy Bible—Easy to Read Version.

DIE AFKNOUER

  • Baie mense hou alreeds van my, en ek wil dit so hou.

  • Ek sal enigiets doen om bo te bly—al moet ek ander vertrap.

“Kinders is dikwels wreed, en omdat afknouers gewilder is, sal ’n skaam kind glo dat enigiets wat hulle sê, reg is.”—Raquel.

Bybelbeginsel: “Net soos julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, so moet julle ook aan hulle doen.”—Lukas 6:31.

’N BETER PAD

As jy die drie punte aan die linkerkant toepas, sal jy miskien minder gewild wees—maar die regte soort mense sal van jou hou!

  1. Weet wat jou standaarde is. Die Bybel sê dat volwasse mense geleer het “om te onderskei wat reg sowel as verkeerd is”.—Hebreërs 5:14.

  2. Bly by jou oortuigings. Wees soos Josua, wat vol vertroue gesê het: “Kies dan vandag vir julle wie julle sal dien . . . Maar wat my en my huis betref, ons sal Jehovah dien.”—Josua 24:15.

  3. Wees oortuig dat jy die regte pad gekies het. Die apostel Paulus het Timoteus herinner: “God het ons nie ’n gees van lafhartigheid gegee nie, maar van krag.”—2 Timoteus 1:7.

WAT JOU PORTUURS SÊ

Melissa—Jy kan natuurlik soos al die ander kinders by die skool probeer wees. Maar dis so vervelig! As jy ’n Christen is, is jy opvallend anders, maar op ’n goeie manier. Dit beteken nie dat jy eienaardig is nie. Dit maak dat ander van jou hou.

Ashley—Ek het ongewild gevoel by die skool, maar dan het ek na ’n Christelike vergadering gegaan, waar ek vriende gehad het wat van my gehou het vir wie ek is. Dan het enige begeerte om deur my skoolmaats aanvaar te word, eenvoudig verdwyn.

Phillip—As jy deur ander aanvaar wil word, moet jy persoonlike belangstelling in hulle toon. Ek het onlangs klein dingetjies vir my vriende begin doen, en dit het my nader aan hulle gebring.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel