Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 12/12 bl. 19-21
  • Die Kaukasus—’n “Berg van tale”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die Kaukasus—’n “Berg van tale”
  • Ontwaak!—2012
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Verbasende verskeidenheid
  • Noodleniging ná oorstromings in die Kaukasus
    Ontwaak!—2003
  • Mense “uit al die tale” hoor die goeie nuus
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Tale-brûe en mure in kommunikasie
    Ontwaak!—2000
  • Verbeter jou vaardighede in die bediening—As jy getuig vir iemand wat ’n ander taal praat
    Ons Koninkryksbediening—2015
Sien nog
Ontwaak!—2012
g 12/12 bl. 19-21

Die Kaukasus—’n “Berg van tale”

STEL jou voor dat jy ’n redelik bergagtige gebied besoek wat omtrent so groot is soos Spanje. Tot jou verbasing ontdek jy dat tientalle verskillende nasies daar woon, elkeen met sy eie taal. Trouens, op party plekke kan mense in naburige dorpies mekaar nie eers verstaan nie! Middeleeuse aardrykskundiges was ongetwyfeld net so verbaas, want een van hulle het presies so ’n gebied—die Kaukasus—as “’n berg van tale” beskryf.

Hierdie streek lê aan die voet van die Kaukasusgebergte tussen die Swartsee en die Kaspiese See, waar vastelande en beskawings ontmoet, en daarom het dit ’n lang geskiedenis en ’n ryk kultuur. Die inwoners daarvan is bekend vir hulle respek vir ouer mense, hulle liefde vir dans en hulle hartlike gasvryheid. Maar vir baie besoekers is die fassinerendste aspek van die Kaukasus die groot verskeidenheid etniese groepe en tale—trouens, daar word meer tale hier gepraat as in enige ander Europese streek van dieselfde grootte.

Verbasende verskeidenheid

In die vyfde eeu VHJ het die Griekse geskiedskrywer Herodotus gesê: “Baie en verskillende nasies woon in die Kaukasus.” Omstreeks die begin van die eerste eeu HJ het ’n ander Griekse geskiedskrywer, Strabo, geskryf van 70 stamme in die streek. Elke stam het sy eie taal gehad en handel gedryf in Dioskoerias, aan die Swartsee, waar die hedendaagse stad Soechoemi geleë is. Etlike dekades later het Plinius die Ouere, ’n Romeinse geleerde, geskryf dat die Romeine 130 tolke nodig het om in Dioskoerias sake te doen.

Vandag is daar nog steeds meer as 50 etniese groepe wat in die Kaukasus woon. Elkeen het sy eie gebruike en dikwels sy eie kenmerkende kleredrag, kuns en argitektuur. Ten minste 37 inheemse tale word hier gepraat—party deur miljoene mense, terwyl ander slegs in sekere dorpies gepraat word. Die gebied waar die meeste tale gepraat word, is Rusland se Dagestan-republiek, waar daar omtrent 30 inheemse etniese groepe woon. Dit is nog steeds onduidelik presies hoe al hierdie tale aan mekaar en aan ander taalgroepe verwant is.

Jehovah se Getuies leer ander van die Bybel in die Kaukasus

Sal jy graag wil sien hoe Kaukasiese tale geskryf word? Op Jehovah se Getuies se amptelike webwerf, www.pr2711.com/af, is daar publikasies in meer as 400 tale beskikbaar. Dit sluit party tale in wat gepraat word in die Kaukasus, die fassinerende streek wat gepas beskryf word as “’n berg van tale”.

’N MOSAÏEK VAN LETTERS EN KLANKE

Kaukasiese tale gebruik ’n verskeidenheid skryfwyses. Armeens sowel as Georgies het hulle eie unieke alfabet. Ander gebruik ’n skryfstelsel wat gebaseer is op Cyrilliese letters of ’n aangepaste Latynse alfabet.

Noordwestelike Kaukasiese tale het meer medeklinkers as enige ander tale in die wêreld, maar het min klinkers. Volgens een ensiklopedie gebruik hierdie tale medeklinkers “wat in byna enige moontlike deel van die mond en keel voortgebring word”. Oebich, ’n Kaukasiese taal waarvan die laaste moedertaalspreker in 1992 oorlede is, het na bewering ten minste 80 verskillende medeklinkers en moontlik net 2 klinkers.

Volgens ’n legende het ’n Turkse sultan ’n geleerde na die Kaukasus gestuur om Oebich te leer. Nadat die geleerde teruggekeer het, het hy probeer verduidelik waarom hy dit nie kon leer nie. Hy het ’n sakkie klippies op die marmervloer voor die sultan uitgegooi. “Luister na hierdie klanke”, het die geleerde gesê. “Vir ’n vreemdeling maak Oebich net so min sin.”

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel