Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 4/14 bl. 7
  • 1 Omdat dinge verander

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • 1 Omdat dinge verander
  • Ontwaak!—2014
  • Soortgelyke materiaal
  • Waarom nie net ’n einde aan alles maak nie?
    Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 1
  • 4 | Beskerm jou hoop
    Ontwaak! – 2022
  • Ek wil doodgaan – Kan die Bybel my help as ek daaraan dink om selfmoord te pleeg?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Hoe om verandering te hanteer
    Ontwaak!—2016
Sien nog
Ontwaak!—2014
g 4/14 bl. 7

VOORBLADONDERWERP | WAAROM VOORTGAAN?

1 Omdat dinge verander

“Ons word in elke opsig geknel, maar nie só vasgekeer dat ons nie kan beweeg nie; ons is raadop, maar nie heeltemal sonder uitweg nie.” —2 KORINTIËRS 4:8.

Selfmoord is al “’n permanente oplossing vir ’n tydelike probleem” genoem. Al is dit moeilik om te glo, kan ’n ontstellende situasie—selfs ’n situasie wat skynbaar buite jou beheer is—tydelik wees. Trouens, dit kan onverwags verbeter.​—Sien die venster “Hulle situasie het verander”.

Selfs as dit nie verbeter nie, is dit die beste om jou probleme een dag op ’n slag aan te pak. “Moet julle . . . nooit kwel oor die volgende dag nie”, het Jesus gesê, “want die volgende dag sal sy eie sorge hê. Elke dag het genoeg van sy eie kwaad.”​—Matteus 6:34.

Maar sê nou jou omstandighede kan nie verander nie? Gestel byvoorbeeld jy ly aan ’n chroniese siekte. Of sê nou jy voel wanhopig as gevolg van ’n onveranderlike situasie, soos ’n egskeiding of die dood van ’n geliefde?

Selfs in hierdie gevalle is daar iets wat jy kan verander: jou beskouing van die situasie. As jy leer om die onveranderlike te aanvaar, sal jy heel waarskynlik ’n positiewer beskouing van sake verkry (Spreuke 15:15). Jy sal ook meer geneig wees om eerder na maniere te soek om die situasie die hoof te bied as om drasties op te tree en jou lewe te neem. Wat is die gevolg? Jy begin ’n mate van beheer verkry oor ’n situasie wat onbeheerbaar lyk.​—Job 2:10.

ONTHOU DIE VOLGENDE: Jy kan nie met een tree tot bo-op ’n berg kom nie; maar jy kan die uitdaging een tree op ’n slag aanpak. Dieselfde geld vir die meeste struikelblokke waarvoor jy te staan kom, ongeag hoe bergagtig dit lyk.

WAT JY VANDAG KAN DOEN: Praat met iemand—miskien ’n vriend of ’n gesinslid—oor jou situasie. Hierdie persoon sal jou moontlik help om ’n meer gebalanseerde beskouing van jou situasie te verkry.​—Spreuke 11:14.

HULLE SITUASIE HET VERANDER

Beskou vier getroue mense wat in die Bybel genoem word wat so wanhopig gevoel het dat hulle nie wou voortgaan met die lewe nie.

  • Rebekka: “As dit is hoe dit gaan, waarom lewe ek dan?”​—Genesis 25:22.

  • Moses: “Maak my . . . asseblief liewer dood . . . en laat my nie my rampspoed aanskou nie.”​—Numeri 11:15.

  • Elia: “Neem nou my siel weg, . . . want ek is nie beter as my voorvaders nie.”​—1 Konings 19:4.

  • Job: “Waarom het ek nie van die moederskoot af gesterf nie?”​—Job 3:11.

As jy die Bybelverslae oor hierdie mense lees, sal jy sien dat hulle situasie verbeter het—en op maniere wat hulle nie kon vooruitsien nie. Dit kan ook met jou die geval wees (Prediker 11:6). Moenie moed opgee nie!

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel