Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 8/15 bl. 10-11
  • Bybelonderrig bevorder geletterdheid

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bybelonderrig bevorder geletterdheid
  • Ontwaak!—2015
  • Soortgelyke materiaal
  • Opvoedkundige programme
    Jehovah se Getuies en opvoeding
  • Geletterdheid onder God se volk
    Ontwaak!—1994
  • Moet my kind skool toe gaan?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • ’n Verreikende opvoedkundige program
    Ontwaak!—2000
Sien nog
Ontwaak!—2015
g 8/15 bl. 10-11
Een van Jehovah se Getuies bied ’n geletterdheidsklas aan

Miljoene eksemplare van die geletterdheidshulp Lê jou toe op lees en skryf is al in meer as 100 tale gedruk

Bybelonderrig bevorder geletterdheid

“Geletterdheid is ’n mensereg, ’n middel tot persoonlike bemagtiging en sosiale en menslike ontwikkeling.”—UNESCO.a

VOLGENS berigte is daar wêreldwyd meer as 700 miljoen mense van 15 jarige ouderdom en ouer wat nie kan lees en skryf nie. As gevolg hiervan het hulle geen toegang tot die geweldige groot skatkis van kennis, insluitende die uitstekende sedelike en geestelike leringe wat in die Bybel “tot ons onderrigting geskryf [is]” nie (Romeine 15:4). Om hierdie rede sluit die Bybelonderrigtingswerk van Jehovah se Getuies in ’n aantal lande ’n lees-en-skryf-program in—en dit is gratis. Is die program suksesvol?

Neem die werk van Jehovah se Getuies in Mexiko, ’n land waar die meeste mense Spaans praat. Sedert die jaar 1946 het die Getuies al meer as 152 000 mense geleer om te lees en skryf, en baie van die studente het later self onderrigters geword. Die regering het al baie briewe aan die Getuies gestuur ter erkenning van hulle werk. Een brief sê: “Die Algemene Raad vir Onderwys wil julle bedank en geluk toewens vir julle samewerking in die ontwikkeling van die Onderwysprogram vir Volwassenes.”

Jonk sowel as oud het by hierdie lees-en-skryf-program baat gevind. Josefina was byvoorbeeld 101 jaar oud toe sy hierdie kursus begin volg het, en sy het dit binne twee jaar suksesvol voltooi!

Hoewel Mexiko se hooftaal Spaans is, is dit nie die enigste taal waarin lees-en-skryf-klasse gehou word nie. In die jaar 2013 het mense uit agt inheemse groepe met behulp van hierdie program geleer om in hulle moedertaal te lees en skryf.

Geletterdheid is inderdaad ’n kosbare vaardigheid wat ’n mens die geleentheid bied om talle nuwe dinge te leer. Maar bowenal maak geletterdheid dit vir alle soorte mense moontlik om die Bybel te lees—’n boek wat deur God geïnspireer is en hulle van slawerny aan bygelowe, valse godsdiensoortuigings en skadelike gedrag kan verlos.—Johannes 8:32.

a Die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie.

Hy Het Sy Gesin Verstom

’n Dowe man met die naam Daniel maak aantekeninge terwyl ’n DVD in Mexikaanse Gebaretaal in die agtergrond speel

Daniel het Mexikaanse Gebaretaal met behulp van DVD’s geleer

Daniel is doof en kon nie doeltreffend kommunikeer nie. Daarom het hy dikwels gefrustreerd gevoel en teen sy gesin uitgevaar. Toe Daniel omtrent 23 jaar oud was, het ’n dowe Getuie met die naam Josué die Bybel met hom begin studeer. Aan die begin het hy gebare tesame met tekeninge gebruik. Toe het Daniel met behulp van DVD’s Mexikaanse Gebaretaal geleer.b

Namate Daniel Bybelleringe ter harte geneem het, het hy ontwikkel wat die Bybel “die nuwe persoonlikheid” noem. Dit word gekenmerk deur eienskappe soos “medelye, goedhartigheid, ootmoed, sagmoedigheid en lankmoedigheid” (Kolossense 3:10, 12). Daniel het ook die Bybel se vermaning ter harte geneem om gehoorsaam te wees aan sy ouers en hulle te eer (Efesiërs 6:1, 2). Sy gesin was verstom! Trouens, Daniel se ma het Josué met trane in haar oë bedank omdat hy geestelike hulp aan haar seun gegee het. In 2007 het Daniel aan die vereistes voldoen om as een van Jehovah se Getuies gedoop te word.

b In Mexiko is 46 publikasies van Jehovah se Getuies in Mexikaanse Gebaretaal op DVD beskikbaar. Ons webwerf, jw.org, bevat materiaal in omtrent 80 gebaretale. Daar is ook lektuur in braille beskikbaar, waarby die blindes kan baat vind.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel