Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g18 nr. 2 bl. 5
  • 2 Spanwerk

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • 2 Spanwerk
  • Ontwaak! — 2018
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • WAT DIT BETEKEN
  • HOEKOM DIT BELANGRIK IS
  • WAT JULLE KAN DOEN
  • Sleutel 3: Spanwerk
    Ontwaak!—2009
  • Hoe om ’n kompromis aan te gaan
    Ontwaak!—2014
  • Wanneer huweliksmaats nie saamstem nie
    Hulp vir die gesin
  • ‘Laat die huwelik eerbaar wees’
    ‘Hou julle in God se liefde’
Sien nog
Ontwaak! — 2018
g18 nr. 2 bl. 5
’n Paartjie werk saam as twee vlieëniers en volg dieselfde instruksies

Spanwerk beteken dat julle soos twee vlieëniers saamwerk en dieselfde instruksies volg

VIR GETROUDES

2 Spanwerk

WAT DIT BETEKEN

As ’n man en vrou spanmaats is, is hulle soos twee vlieëniers wat saamwerk en dieselfde instruksies volg. Selfs al is daar probleme, sal hulle nie dink aan hoe “ek” dit kan oplos nie, maar eerder aan hoe “ons” dit kan oplos.

BYBELWAARHEID: “Sodat hulle nie meer twee is nie, maar een vlees.” — Matteus 19:6.

“Die huwelik is ’n spanpoging. ’n Man en vrou moet saamwerk as hulle suksesvol wil wees.” — Christopher.

HOEKOM DIT BELANGRIK IS

Wanneer daar probleme is, sal ’n man en vrou wat nie ’n span is nie, eerder mekaar aanvat as die probleem. Deur met mekaar te stry, sal hulle dan ’n groot ding van iets kleins maak.

“Spanwerk is waaroor die huwelik gaan. As ek en my man nie spanmaats is nie, sal ons soos twee mense wees wat onder dieselfde dak bly, maar aparte lewens lei. En wanneer ons belangrike besluite moet maak, sal ons nie op dieselfde blaadjie wees nie.” — Alexandra.

WAT JULLE KAN DOEN

’N TOETS VIR JOU

  • Voel ek dat die geld waarvoor ek gewerk het “net myne” is?

  • Moet ek weg van my maat af wees om heeltemal te kan ontspan?

  • Vermy ek my maat se familie, al is hy of sy na aan hulle?

’N TOETS VIR JULLE

  • Watter dinge doen ons as ’n span goed saam?

  • Watter dinge kan ons beter doen?

  • Hoe kan ons die spangees tussen ons verbeter?

PROBEER DIE VOLGENDE

  • Stel jou voor dat jy en jou maat ’n tenniswedstryd teen mekaar speel. Wat kan julle doen om aan dieselfde kant van die net te kom sodat julle eerder as ’n span saam teen julle probleme kan speel?

  • Moenie dink aan hoe “ek” kan wen nie, dink eerder aan hoe “ons altwee” kan wen

“Vergeet van wie reg of verkeerd is. Wat regtig belangrik is, is dat daar vrede en eenheid in julle huwelik is.” — Ethan.

BYBELWAARHEID: “Terwyl julle nie uit persoonlike belangstelling ’n oog op net julle eie sake hou nie, maar ook uit persoonlike belangstelling op dié van die ander.” — Filippense 2:3, 4.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel