Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g21 nr. 2 bl. 4-6
  • Hoe raak tegnologie jou vriendskappe?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe raak tegnologie jou vriendskappe?
  • Ontwaak! – 2021
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • WAT JY MOET WEET
  • WAT JY KAN DOEN
  • Hoe om ware vriende te maak
    Ontwaak!—2016
  • Hoe affekteer sosiale media my?
    Jongmense vra
  • Kinders en sosiale media – Deel 1: Moet my kind sosiale media gebruik?
    Hulp vir die gesin
  • Wat as my ouers my nie toelaat om sosiale media te gebruik nie?
    Jongmense vra
Sien nog
Ontwaak! – 2021
g21 nr. 2 bl. 4-6
Vriende in verskillende dele van die wêreld bly in kontak deur middel van video-oproepe.

Hoe raak tegnologie jou vriendskappe?

Teksboodskappe, e-posse, video-oproepe en sosiale media maak dit vir twee mense moontlik om maklik met mekaar te kommunikeer, al bly hulle in verskillende lande. Hulle gebruik tegnologie op ’n voordelige manier.

Maar party mense wat hoofsaaklik tegnologie gebruik om in kontak te bly met hulle vriende, is geneig om . . .

  • min simpatie vir hulle vriende te hê.

  • meer eensaam en innerlik leeg te voel.

  • meer gefokus te wees op hulleself as op hulle vriende.

WAT JY MOET WEET

’n Tienermeisie is laat in die aand op sosiale media. Die foto waarna sy kyk, is al 723 000 keer na gekyk.

SIMPATIE

As ons iemand anders se gevoelens wil verstaan, moet ons die tyd neem om aan hom of haar te dink. Dit kan moeilik wees om dit te doen wanneer ons te besig is om baie teksboodskappe te stuur en om na sosiale media te kyk.

As tegnologie jou begin beheer, sal dit later soos ’n las voel om op ’n vriend se boodskap te reageer. Jy kan so oorweldig voel dat jy net vinnig op al jou boodskappe wil reageer, of dit nou belangrik is of nie. En dan kom jy dalk nie eers agter dat een van jou vriende jou hulp nodig het nie.

IETS OM OOR TE DINK: Hoe kan jy ‘medelye betoon’ wanneer jy tegnologie gebruik om met jou vriende te kommunikeer? – 1 PETRUS 3:8.

EENSAAMHEID

Een studie het gewys dat baie mense eensamer voel nadat hulle tyd aan sosiale media spandeer het. Navorsers het tot die gevolgtrekking gekom dat ’n persoon kan voel dat dit “’n mors van tyd” was om na foto’s te kyk van wat ander mense doen.

En wanneer mense na ander se opwindende foto’s op sosiale media kyk, voel hulle dat hulle eie lewe nie so opwindend is nie. Op die ou end lyk dit asof almal hulle lewe geniet terwyl jou lewe vervelig is.

IETS OM OOR TE DINK: Hoe kan jy dit vermy om jouself op ’n negatiewe manier met ander te vergelyk wanneer jy sosiale media gebruik? – GALASIËRS 6:4.

OM OP JOUSELF TE FOKUS

Een onderwyser het opgelet dat party van haar studente selfsugtig was. Hulle wou net vriende hê wat dinge vir hulle sal doen.a Sulke vriende fokus meer op wat hulle uit die vriendskap kan kry. So ’n persoon kan sy vriende soos apps beskou wat gebruik of afgesit kan word soos hy lus kry.

IETS OM OOR TE DINK: Wys dit wat ek op sosiale media sit dat ek geneig is om ’n kompeterende gees te hê of om te veel van myself te dink? – GALASIËRS 5:26.

WAT JY KAN DOEN

ONDERSOEK JOU GEBRUIK VAN TEGNOLOGIE

Wanneer tegnologie jou slaaf en nie jou baas is nie, kan dit jou help om in kontak met jou vriende te bly, en dit kan selfs jou vriendskappe sterker maak.

BYBELWAARHEID: “Liefde . . . soek nie sy eie belang nie.” – 1 KORINTIËRS 13:4, 5.

Kies die voorstelle wat jy wil probeer, of skryf jou eie idees neer.

  • Probeer om met mense in persoon te praat (eerder as om net teksboodskappe of e-posse te stuur)

  • Sit jou selfoon weg (of sit dit af) wanneer jy met iemand gesels

  • Probeer om minder tyd aan sosiale media te spandeer

  • Word ’n beter luisteraar

  • Kontak ’n vriend wat deur ’n moeilike tyd gaan

a Volgens die boek Reclaiming Conversation.

VRA JOU AF . . .

  • Het ek opregte vriendskappe met mense vir wie ek omgee en wat vir my omgee?

  • Hoe gereeld onderbreek ’n telefoonoproep of teksboodskap my gesprek wanneer ek in persoon met ’n vriend praat?

  • Kan die foto’s en kommentare wat ek op sosiale media sit, die indruk skep dat ek met myself behep is?

  • Hoe voel ek nadat ek tyd aan sosiale media spandeer het?

  • Watter veranderinge kan ek maak sodat my gebruik van tegnologie my nie keer om ware vriende te maak nie?

    BYBELWAARHEID: “Terwyl julle nie net aan julle eie belange dink nie, maar ook aan die belange van ander.” – FILIPPENSE 2:4.

Emily.

“Dit vat tyd en moeite om aan ’n vriendskap te werk. So dit is onmoontlik om goeie vriende met baie mense te wees. Dit gaan nie oor hoeveel vriende jy het nie, maar eerder oor hoe sterk daardie vriendskappe is. Ware vriende wil net die beste vir jou hê, en jy moet dieselfde vir hulle wil hê.” – EMILY

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel