Inleiding
Mense het heelwat verskillende idees oor hoe die heelal en lewe op aarde begin het. Hierdie Ontwaak! sal jou help om na ’n paar interessante feite oor hierdie onderwerp te kyk en om jou eie gevolgtrekking te maak. Het die heelal vanself ontstaan of is dit deur God geskep? Die antwoord is dalk belangriker as wat jy besef.