Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g21 nr. 3 bl. 3
  • Hoe kan jy besluit?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe kan jy besluit?
  • Ontwaak! – 2021
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Skepper kan jou lewe sinvoller maak
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
  • Versterk jou geloof in die Skepper
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan(Studie-uitgawe) — 2021
  • Hoe het lewe begin?
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Maak jou lewe vir ewig sinvoller
    Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee?
Sien nog
Ontwaak! – 2021
g21 nr. 3 bl. 3
’n Vrou kyk na ’n predikant wat ’n Bybel vashou en ’n wetenskaplike wat ’n model van DNS vashou.

Hoe kan jy besluit?

“Die heelal kan en sal homself uit niks skep.” – Stephen Hawking en Leonard Mlodinow, fisikusse, 2010.

“God [het] die hemel en die aarde geskep.” – Die Bybel, Genesis 1:1.

Is die heelal en lewe deur God geskep of het dit toevallig ontstaan? Die woorde van die twee fisikusse in hierdie artikel en die eerste woorde van die Bybel gee twee heeltemal verskillende antwoorde op hierdie vraag. Daar is mense aan albei kante wat sterk hieroor voel. Maar daar is baie mense wat nie seker is nie. Mense stry hieroor in gewilde boeke en op TV-programme.

Jou onderwysers het dalk oortuigend vir jou gesê dat daar nie ’n Skepper is nie en dat die heelal en lewe vanself ontstaan het. Maar het jou onderwysers vir jou bewyse gegee dat daar nie ’n Skepper bestaan nie? Jy het dalk ook gehoor dat godsdiensleiers sê dat daar wel ’n Skepper is. Maar het hulle vir jou bewyse gegee dat dit waar is? Of het hulle gesê dat jy eenvoudig net in God moet glo omdat hulle so sê?

Jy het heel moontlik al hieroor gedink, en dalk voel jy dat niemand vir jou met sekerheid kan sê of ’n Skepper bestaan nie. En miskien wonder jy ook: Maak die antwoord regtig saak?

Hierdie Ontwaak! gaan eers ’n paar feite bespreek wat baie mense oortuig het om in ’n Skepper te glo. Dan sal dit bespreek hoekom die antwoord oor die oorsprong van lewe op aarde saak maak.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel