Inleiding
Is jy angstig oor die stygende lewenskoste? Werk jy langer ure om die pot aan die kook te hou? Het jy minder tyd om saam met jou geliefdes te spandeer? Indien wel, sal die artikels in hierdie nommer van die Ontwaak! jou kan help. Die artikels gee praktiese voorstelle oor hoe om die gehalte van jou lewe te verbeter en jou bekommernisse te verminder. Die laaste artikel bespreek ’n werklike hoop vir ’n baie beter toekoms – ’n hoop wat jou selfs nou kan vertroos.