Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g25 nr. 1 bl. 14-15
  • Wees hoopvol

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wees hoopvol
  • Ontwaak!—2025
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • HOEKOM DIT SAAK MAAK
  • WAT JY KAN DOEN
  • WAT IS GOD SE KONINKRYK, EN WAT SAL DIT DOEN?
  • Waar kan ek hoop vind?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Die Bybel gee ons hoop vir die toekoms
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Die Bybel gee ons hoop vir die toekoms
    Geniet die lewe vir ewig! – ’n Inleiding tot ’n Bybelstudie
  • ’n Ware hoop vir ’n beter toekoms
    Nog onderwerpe
Sien nog
Ontwaak!—2025
g25 nr. 1 bl. 14-15
’n Gesin kyk na ’n pragtige landskap terwyl hulle ’n piekniek geniet.

HOE OM STYGENDE PRYSE TE HANTEER

Wees hoopvol

Word dinge in jou land duurder, maar jou inkomste bly dieselfde? Is jy bekommerd oor hoe om vir jouself en jou geliefdes te sorg? As dit die geval is, voel jy dalk dat jou toekoms onseker is. Maar dit kan ons regtig help om hoop te hê, selfs in sulke moeilike omstandighede.

HOEKOM DIT SAAK MAAK

Mense wat hoopvol is, wens nie net vir goeie dinge om te gebeur nie. Hoop motiveer hulle om hulle bes te doen om hulle situasie te verbeter. Byvoorbeeld, studies wys dat mense wat hoopvol is . . .

  • gewoonlik moeilike situasies beter verduur

  • meer aanpasbaar is

  • goeie besluite maak wat hulle help om gesonder te wees en ’n beter lewe te lei

WAT JY KAN DOEN

Eerstens, kyk hoe die Bybel jou vandag kan help. Die Bybel het praktiese wenke wat jou kan help om stygende pryse te hanteer. Hierdie wenke kan jou onder andere help om meer beheer oor jou lewe te kry en beter toegerus te voel om uitdagings in die toekoms te hanteer.

“Denkvermoë [sal] oor jou wag hou en . . . insig [sal] jou beskerm.” – Spreuke 2:11.


Tweedens, kyk wat die Bybel oor die toekoms sê. Wanneer jy sien hoe wys die raad is wat ons in die Bybel kry, sal jy moontlik meer wil leer oor wat hierdie boek oor die toekoms sê. Byvoorbeeld, jy sal leer dat God nie net wil hê dat jy “’n toekoms en ’n hoop” moet hê nie, maar dat hy ook ’n stewige fondament vir daardie hoop gegee het (Jeremia 29:11). Hierdie fondament is God se Koninkryk.

WAT IS GOD SE KONINKRYK, EN WAT SAL DIT DOEN?

God se Koninkryk is ’n regering wat volle beheer oor die hele aarde sal neem (Daniël 2:44; Matteus 6:10). Dit sal vanuit die hemel regeer en ’n einde maak aan swaarkry en armoede en dit met vrede en oorvloed vervang, soos die volgende tekste wys.

“Jy sal gelukkig en voorspoedig wees.”– Psalm 128:2.

“Hulle [Koninkryksonderdane] sal nie verniet hard werk nie.” – Jesaja 65:23.

“Daar sal volop graan op die aarde wees.”– Psalm 72:16.

Miljoene mense vertrou hierdie beloftes omdat hulle oortuig is dat God “nie kan lieg nie” (Titus 1:2). So ondersoek die Bybel vir jouself. Die hoop wat dit bied, kan jou help om moeilike tye te verduur en die vertroue te hê dat daar ’n beter toekoms sal wees.

Ramaz.

“My hoop wat op die Bybel gebaseer is, help my om die wêreld se probleme as tydelik te beskou. Om hieroor na te dink, gee my die krag wat ek nodig het om ekonomiese toestande wat al hoe erger word, te hanteer.” – Ramaz, Georgië.

LEER MEER

Kan jy regtig vertrou wat die Bybel oor die toekoms sê? Kyk na die volgende video’s op jw.org: Hoe kan ons seker wees dat die Bybel betroubaar is? en Wat is God se Koninkryk?

’n Vrou wat ’n Bybel van die boekrak afhaal.
    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel