Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • my verhaal 8
  • Reuse op die aarde

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Reuse op die aarde
  • My boek met Bybelverhale
  • Soortgelyke materiaal
  • Opstand in die geesteryk
    Geeste van die dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? bestaan hulle werklik?
  • Engele—Hulle invloed op ons
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Die engele—“Geeste vir openbare diens”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Hulp van God se engele
    Leer by die Groot Onderwyser
Sien nog
My boek met Bybelverhale
my verhaal 8
’n Reus val ’n ander man aan

VERHAAL 8

Reuse op die aarde

WAT sou jy dink as iemand na jou toe aangestap kom wat so lank is dat sy kop aan die dak van jou huis kan raak? Hy sou ’n reus wees! Op een tyd was daar regtig reuse op die aarde. Die Bybel sê dat hulle pa’s engele uit die hemel was. Maar hoe was dit moontlik?

Onthou, die slegte engel Satan was besig om moeilikheid te maak. Hy het selfs probeer om God se engele sleg te laat wees. Na ’n ruk het party van hierdie engele na Satan begin luister. Hulle het opgehou om die werk te doen wat God vir hulle in die hemel gehad het. En hulle het aarde toe gekom en vir hulleself menseliggame gemaak. Weet jy hoekom?

Die Bybel sê dat hierdie seuns van God die mooi vroue op die aarde gesien het en saam met hulle wou lewe. Daarom het hulle aarde toe gekom en met hierdie vroue getrou. Die Bybel sê dat dit verkeerd was, want God het die engele gemaak om in die hemel te woon.

Toe die engele en hulle vrouens babas gehad het, was hierdie babas anders. Aan die begin het hulle miskien nie baie anders gelyk nie. Maar hulle het al hoe groter en al hoe sterker geword totdat hulle reuse was.

’n Reus steel kos by ’n gesin

Hierdie reuse was sleg. En omdat hulle so groot en sterk was, het hulle mense seergemaak. Hulle het almal probeer dwing om sleg te wees, net soos hulle.

Henog was al dood, maar daar was nou een man op die aarde wat goed was. Hierdie man se naam was Noag. Hy het altyd gedoen wat God wou hê hy moes doen.

Eendag het God vir Noag gesê dat die tyd gekom het vir Hom om al die slegte mense te vernietig. Maar God sou Noag, sy gesin en baie van die diere red. Kom ons kyk hoe God dit gedoen het.

Genesis 6:1-8; Judas 6.

Studievrae

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel