Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • my verhaal 20
  • Dina kom in die moeilikheid

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Dina kom in die moeilikheid
  • My boek met Bybelverhale
  • Soortgelyke materiaal
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Vermy skadelike assosiasie!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • “Vlug vir die hoerery”
    ‘Hou julle in God se liefde’
  • Jakob het ’n groot gesin
    My boek met Bybelverhale
Sien nog
My boek met Bybelverhale
my verhaal 20
Dina en Sigem

VERHAAL 20

Dina kom in die moeilikheid

SIEN jy by wie Dina gaan kuier? Sy gaan kuier by party van die meisies wat in die land Kanaän woon. Sou haar pa, Jakob, bly wees hieroor? Om die antwoord op hierdie vraag te kry, kan jy gerus probeer onthou wat Abraham en Isak van die vroue van Kanaän gedink het.

Drie meisies van Kanaän

Wou Abraham hê dat sy seun Isak met ’n meisie van Kanaän trou? Nee, hy wou nie. Wou Isak en Rebekka hê dat hulle seun Jakob met ’n Kanaänitiese meisie trou? Nee, hulle wou nie. Weet jy hoekom nie?

Dit was omdat hierdie mense in Kanaän valse gode aanbid het. Hulle was nie goeie mense om as mans en vrouens te hê nie, en hulle was nie goeie mense om mee vriende te wees nie. Daarom kan ons seker wees dat Jakob nie daarvan sou hou dat sy dogter met hierdie Kanaänitiese meisies vriende maak nie.

En sowaar, Dina het in die moeilikheid gekom. Kan jy daardie Kanaänitiese man in die prent sien wat na Dina kyk? Sy naam is Sigem. Toe Dina eendag daar gaan kuier het, het Sigem vir Dina gegryp en haar gedwing om by hom te gaan lê. Dit was verkeerd, want net mans en vrouens wat getroud is, mag by mekaar lê. Hierdie slegte ding wat Sigem aan Dina gedoen het, het baie moeilikheid veroorsaak.

Toe Dina se broers hoor wat gebeur het, was hulle baie kwaad. Twee van hulle, Siʹmeon en Levi, was so kwaad dat hulle swaarde gevat het, na die stad toe gegaan en die mans onverwags aangeval het. Hulle en hulle broers het Sigem en al die ander mans doodgemaak. Jakob was kwaad omdat sy seuns hierdie slegte ding gedoen het.

Hoe het al hierdie moeilikheid begin? Dit was omdat Dina vriende gemaak het met mense wat nie God se wette gehoorsaam het nie. Ons wil nie sulke vriende maak nie, nè?

Genesis 34:1-31.

Studievrae

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel