Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • my verhaal 30
  • ’n Bos wat brand

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Bos wat brand
  • My boek met Bybelverhale
  • Soortgelyke materiaal
  • Die brandende bos
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Hoekom Moses gevlug het
    My boek met Bybelverhale
  • Moses—Hoe sy lewe jou raak
    Ontwaak!—2004
  • Leer ken Jehovah se weë
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
Sien nog
My boek met Bybelverhale
my verhaal 30
Moses en die bos wat brand

VERHAAL 30

’n Bos wat brand

MOSES het tot by die berg Horeb gekom om gras vir sy skape te soek. Hier het hy ’n bos gesien wat brand, maar dit het nie uitgebrand nie!

‘Dit is eienaardig’, het Moses gedink. ‘Ek sal nader gaan om dit beter te sien.’ Toe hy dit doen, het ’n stem uit die bos gesê: ‘Moenie nader kom nie. Trek jou sandale uit, want jy staan op heilige grond.’ Dit was God wat deur ’n engel gepraat het, en daarom het Moses sy gesig toegehou.

Toe het God gesê: ‘Ek het gesien hoe my volk in Egipte swaarkry. Daarom gaan ek hulle bevry, en ek stuur vir jou om my volk uit Egipte te lei.’ Jehovah sou sy volk na die pragtige land Kanaän bring.

Maar Moses het gesê: ‘Wie is ek? Hoe kan ek dit doen? Maar sê nou ek gaan wel. Die Israeliete sal vir my sê: “Wie het jou gestuur?” Wat sal ek dan sê?’

‘Dit is wat jy moet sê’, het God geantwoord. ‘“JEHOVAH, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob het my na julle toe gestuur.”’ En Jehovah het bygevoeg: ‘Dit is my naam vir ewig.’

‘Maar sê nou hulle glo my nie wanneer ek sê dat u my gestuur het nie’, het Moses geantwoord.

‘Wat is in jou hand?’ het God gevra.

Moses het geantwoord: ‘’n Stok.’

‘Gooi dit op die grond’, het God gesê. En toe Moses dit doen, het die stok ’n slang geword. Toe het Jehovah vir Moses nog ’n wonderwerk gewys. Hy het gesê: ‘Steek jou hand in jou kleed.’ Moses het dit gedoen, en toe hy sy hand uittrek, was dit wit soos sneeu! Sy hand het gelyk asof dit ’n gevaarlike siekte het wat melaatsheid genoem word. Daarna het Jehovah vir Moses die krag gegee om ’n derde wonderwerk te doen. Toe het hy gesê: ‘Wanneer jy hierdie wonderwerke doen, sal die Israeliete glo dat ek jou gestuur het.’

Daarna het Moses huis toe gegaan en vir Jetro gesê: ‘Laat my asseblief teruggaan na my familielede in Egipte om te sien hoe dit met hulle gaan.’ Toe het Jetro vir Moses gegroet, en Moses het na Egipte toe gegaan.

Eksodus 3:1-22; 4:1-20.

Studievrae

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel