Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • my verhaal 49
  • Die son staan stil

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die son staan stil
  • My boek met Bybelverhale
  • Soortgelyke materiaal
  • Josua en die Gibeoniete
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Laat Josua jou help om Jehovah moedig te dien!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • “Jehovah, ons god, sal ons dien”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Bybelboek nommer 6—Josua
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
Sien nog
My boek met Bybelverhale
my verhaal 49
Josua sê vir die son om stil te staan

VERHAAL 49

Die son staan stil

KYK na Josua. Hy sê: ‘Son, staan stil!’ En die son staan stil. Dit bly ’n hele dag daar in die middel van die hemel. Jehovah laat dit gebeur! Maar kom ons kyk hoekom Josua wil hê die son moet bly skyn.

Wanneer die vyf slegte konings in die land Kanaän teen die Gibeoniete begin veg, stuur die Gibeoniete ’n man om Josua te vra om hulle te help. ‘Kom gou na ons toe!’ sê hy. ‘Red ons! Al die konings in die heuwelland het teen u knegte kom veg.’

Josua en al sy soldate gaan dadelik. Hulle trek die hele nag lank. Wanneer hulle by Giʹbeon kom, is die soldate van die vyf konings bang en begin hulle wegvlug. Dan laat Jehovah groot haelstene uit die lug val, en die haelstene maak meer soldate dood as wat Josua se soldate doodmaak.

Josua sien dat die son binnekort sal ondergaan. Dit sal donker wees, en baie van die vyf slegte konings se soldate sal wegkom. Dit is hoekom Josua tot Jehovah bid en dan sê: ‘Son, staan stil!’ En wanneer die son stilstaan, kan die Israeliete die oorwinning voltooi.

Daar is nog baie ander slegte konings in Kanaän wat God se volk haat. Dit neem omtrent ses jaar vir Josua en sy leër om 31 konings in die land te verslaan. Daarna sorg Josua dat die land Kanaän verdeel word onder die stamme wat nog nie gebied het nie.

Baie jare gaan verby, en Josua gaan later dood wanneer hy 110 jaar oud is. Terwyl hy en sy vriende lewe, is die volk gehoorsaam aan Jehovah. Maar wanneer hierdie goeie mans doodgaan, begin die volk slegte dinge doen en kom hulle in die moeilikheid. Dit is wanneer hulle regtig God se hulp nodig het.

Josua 10:6-15; 12:7-24; 14:1-5; Rigters 2:8-13.

Studievrae

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel