Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • my verhaal 54
  • Die sterkste man

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die sterkste man
  • My boek met Bybelverhale
  • Soortgelyke materiaal
  • Jehovah het Simson sterk gemaak
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Vertrou op Jehovah, net soos Simson
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2023
  • Simson seëvier in die krag van Jehovah!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
Sien nog
My boek met Bybelverhale
my verhaal 54
Simson maak ’n leeu met sy kaal hande dood

VERHAAL 54

Die sterkste man

KEN jy die naam van die sterkste man wat nog ooit gelewe het? Hy is ’n rigter met die naam Simson. Simson kry sy krag van Jehovah af. Nog voordat Simson gebore word, sê Jehovah vir sy ma: ‘Jy sal binnekort ’n seun hê. Hy sal die leiding neem om Israel van die Filistyne te verlos.’

Die Filistyne is slegte mense wat in Kanaän woon. Hulle het baie soldate, en hulle behandel die Israeliete baie sleg. Wanneer Simson eenkeer op pad is na die gebied van die Filistyne toe, storm ’n groot, brullende leeu op hom af. Maar Simson maak die leeu met sy kaal hande dood. Hy maak ook honderde slegte Filistyne dood.

Later raak Simson verlief op ’n vrou met die naam Deliʹla. Die leiers van die Filistyne belowe dat elkeen van hulle vir Deliʹla 1 100 silwerstukke sal gee as sy vir hulle vertel wat Simson so sterk maak. Deliʹla wil al daardie geld hê. Sy is nie ’n ware vriendin van Simson of van God se volk nie. Daarom vra sy aanhoudend vir Simson wat hom so sterk maak.

Simson en Delila

Uiteindelik kry Deliʹla vir Simson om vir haar die geheim van sy krag te vertel. ‘My hare is nog nooit gesny nie’, sê hy. ‘Van my geboorte af het God my gekies om een van sy spesiale knegte te wees, wat ’n Nasireʹër genoem word. As my hare gesny word, sal ek my krag verloor.’

Wel, wanneer Deliʹla dit hoor, maak sy Simson op haar skoot aan die slaap. Dan roep sy ’n man om sy hare te kom afsny. Wanneer Simson wakker word, het hy sy krag verloor. Die Filistyne kom nou in en neem hom gevange. Hulle steek albei sy oë uit en maak hom hulle slaaf.

Simson stoot teen die pilare en die gebou val op die Filistyne

Eendag het die Filistyne ’n groot fees om hulle god Dagon te aanbid, en hulle bring Simson uit die tronk om met hom te spot. Intussen het Simson se hare weer gegroei. Simson sê vir die seun wat hom aan die hand lei: ‘Laat my die pilare voel waarop die gebou rus.’ Dan bid Simson tot Jehovah vir krag, en hy gryp die pilare vas. Hy roep uit: ‘Laat my saam met die Filistyne doodgaan.’ Daar is 3 000 Filistyne by die fees, en toe Simson met al sy krag teen die pilare stoot, val die gebou inmekaar en maak dit al daardie slegte mense dood.

Rigters hoofstukke 13 tot 16.

Studievrae

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel