Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • my verhaal 97
  • Jesus kom as koning

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jesus kom as koning
  • My boek met Bybelverhale
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Koning kom in Jerusalem aan op ’n jong donkie
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Jesus maak siekes gesond
    My boek met Bybelverhale
  • ’n Donkie praat
    My boek met Bybelverhale
  • Wat is God se Koninkryk? Hoe ons kan wys dat ons dit wil hê
    Leer by die Groot Onderwyser
Sien nog
My boek met Bybelverhale
my verhaal 97
Jesus ry op ’n donkie terwyl skares palmtakke swaai

VERHAAL 97

Jesus kom as koning

’N KORT rukkie nadat Jesus die twee blinde bedelaars gesond gemaak het, kom hy by ’n klein dorpie naby Jerusalem. Hy sê vir twee van sy dissipels: ‘Gaan in die dorpie in en julle sal ’n jong donkie kry. Maak dit los en bring dit na my toe.’

Wanneer hulle die donkie na hom toe bring, gaan sit Jesus daarop. Dan ry hy na Jerusalem, ’n kort entjie daarvandaan. Wanneer hy naby die stad kom, kom ’n groot skare mense uit om hom te ontmoet. Die meeste trek hulle boklere uit en sit dit op die pad. Ander sny takke van palmbome af. Hulle sit dit ook op die pad en roep uit: ‘Mag God die koning seën wat in Jehovah se naam kom!’

Lank gelede het nuwe konings in Israel op ’n jong donkie in Jerusalem ingery om hulleself vir die mense te wys. Dit is wat Jesus doen. En hierdie mense wys dat hulle wil hê dat Jesus hulle koning moet wees. Maar nie al die mense wil hom hê nie. Ons kan dit sien uit wat gebeur wanneer Jesus na die tempel toe gaan.

By die tempel maak Jesus mense gesond wat blind en kreupel is. Wanneer die jong kinders dit sien, loof hulle Jesus. Maar dit maak die priesters kwaad en hulle sê vir Jesus: ‘Hoor jy wat die kinders sê?’

‘Ja, ek hoor’, antwoord Jesus. ‘Het julle nooit in die Bybel gelees nie waar dit sê: “Uit die mond van jong kindertjies sal God lof voortbring?”’ Daarom hou die kinders aan om God se koning te loof.

Ons wil soos daardie kinders wees, nè? Party mense sal ons dalk probeer keer om oor God se koninkryk te praat. Maar ons sal aanhou om vir ander te vertel van die wonderlike dinge wat Jesus vir mense gaan doen.

Toe Jesus op aarde was, was dit nie die tyd vir hom om as koning te begin regeer nie. Wanneer sal hierdie tyd kom? Jesus se dissipels wil weet. Ons sal volgende hiervan lees.

Matteus 21:1-17; Johannes 12:12-16.

Studievrae

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel