Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • my verhaal 104
  • Jesus gaan terug hemel toe

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jesus gaan terug hemel toe
  • My boek met Bybelverhale
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat is God se Koninkryk?
    Wat kan die Bybel ons leer?
  • Wat is God se Koninkryk?
    Wat leer die Bybel werklik?
  • Oor God se Koninkryk
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Wat is die Koninkryk van God?
    Wat vereis God van ons?
Sien nog
My boek met Bybelverhale
my verhaal 104
Die dissipels kyk toe terwyl Jesus na die hemel opvaar

VERHAAL 104

Jesus gaan terug hemel toe

GEDURENDE die dae daarna verskyn Jesus baie keer aan sy volgelinge. Eenkeer sien omtrent 500 van sy dissipels hom. Weet jy waaroor Jesus met hulle praat wanneer hy aan hulle verskyn? Die koninkryk van God. Jehovah het Jesus na die aarde toe gestuur om mense van die Koninkryk te leer. En hy hou aan om dit te doen selfs nadat hy uit die dode opgewek is.

Onthou jy wat God se koninkryk is? Ja, die Koninkryk is ’n regte regering van God in die hemel, en Jesus is die Een wat God gekies het om die koning te wees. Soos ons geleer het, het Jesus gewys wat ’n wonderlike koning hy sal wees deur vir honger mense kos te gee, siekes gesond te maak en selfs dooies op te wek!

Hoe sal dit dan op die aarde wees wanneer Jesus ’n duisend jaar lank as koning in die hemel regeer? Ja, die hele aarde sal ’n pragtige paradys gemaak word. Daar sal geen oorloë, misdaad, siekte of selfs dood meer wees nie. Ons weet dat dit waar is, want God het die aarde gemaak om ’n paradys te wees wat mense kon geniet. Dit is hoekom hy in die begin die tuin van Eden gemaak het. En Jesus sal sorg dat God se wil uiteindelik gedoen word.

Die tyd kom nou dat Jesus moet teruggaan hemel toe. Jesus het 40 dae lank aan sy dissipels verskyn. Daarom is hulle seker dat hy weer lewe. Maar voordat hy van sy dissipels af weggaan, sê hy vir hulle: ‘Bly in Jerusalem totdat julle heilige gees kry.’ Die heilige gees is God se werkende krag, soos wind wat waai, en dit sal sy volgelinge help om God se wil te doen. Heel laaste sê Jesus: ‘Julle moet tot in die mees afgeleë dele van die aarde oor my preek.’

Nadat Jesus dit gesê het, gebeur ’n verbasende ding. Hy begin in die lug opstyg, soos jy hier kan sien. Dan verdwyn hy agter ’n wolk, en die dissipels sien Jesus nie weer nie. Jesus gaan hemel toe, en hy begin om van daar af oor sy volgelinge op die aarde te regeer.

1 Korintiërs 15:3-8; Openbaring 21:3, 4; Handelinge 1:1-11.

Studievrae

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel