Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • my verhaal 111
  • ’n Seun raak aan die slaap

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Seun raak aan die slaap
  • My boek met Bybelverhale
  • Soortgelyke materiaal
  • Wanneer ons moet wakker bly
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • ‘Ek is rein van die bloed van alle mense’
    ‘Getuig deeglik’ oor God se Koninkryk
  • Gestrand op ’n eiland
    My boek met Bybelverhale
  • Timoteus help vir Paulus
    My boek met Bybelverhale
Sien nog
My boek met Bybelverhale
my verhaal 111
Eutigus lê dood op die grond

VERHAAL 111

’n Seun raak aan die slaap

O AARDE! Wat gebeur hier? Het die seun wat op die grond lê, baie seer gekry? Kyk! Een van die mans wat uit die huis kom, is Paulus. Kan jy vir Timoʹteus ook daar sien? Het die seun uit die venster geval?

Ja, dit is presies wat gebeur het. Paulus het vir die dissipels hier in Troas ’n toespraak gehou. Hy het geweet dat hy hulle nie gou weer sal sien nie, want hy moes die volgende dag op ’n boot daarvandaan weggaan. Daarom het hy tot middernag aangehou praat.

Wel, hierdie seun met die naam Euʹtigus het in die venster gesit en aan die slaap geraak. Hy het omgeval en uit die venster op die derde verdieping tot op die grond geval! Nou kan jy verstaan hoekom die mense so bekommerd lyk. Wanneer die mans die seun optel, is dit net soos hulle gedink het. Hy is dood!

Wanneer Paulus sien dat die seun dood is, gaan lê hy bo-op hom en omhels hom. Dan sê hy: ‘Moenie bekommerd wees nie. Hy makeer niks!’ En dit is so! Dit is ’n wonderwerk! Paulus het hom weer lewendig gemaak! Die skare is baie, baie bly.

Hulle gaan almal weer boontoe en eet saam. Paulus hou aan praat totdat dit dag word. Maar jy kan seker wees Euʹtigus raak nie weer aan die slaap nie! Dan klim Paulus, Timoʹteus en dié wat saam met hulle reis, op die boot. Weet jy waarheen hulle gaan?

Paulus en Timoteus sien dat Eutigus dood is

Paulus is aan die einde van sy derde predikingsreis en is op pad huis toe. Op hierdie reis het Paulus drie jaar lank in net die stad Eʹfese gebly. Hierdie reis is dan selfs langer as sy tweede reis.

Nadat die boot uit Troas weggegaan het, stop dit vir ’n rukkie by Mileʹte. Omdat Eʹfese net ’n paar kilometer daarvandaan is, laat Paulus die ouer manne van die gemeente na Mileʹte toe kom sodat hy vir die laaste keer met hulle kan praat. Hoe hartseer is hulle tog dat Paulus moet gaan wanneer dit tyd is vir die boot om te seil!

Uiteindelik kom die boot weer by Sesareʹa aan. Terwyl Paulus hier in die huis van die dissipel Filippus bly, waarsku die profeet Aʹgabus vir Paulus. Hy sê dat Paulus gevange geneem sal word wanneer hy in Jerusalem kom. En dit is ook net wat gebeur. Nadat Paulus twee jaar in Sesareʹa in die tronk was, word hy na Rome toe gestuur om deur die Romeinse keiser verhoor te word. Kom ons kyk wat gebeur gedurende die reis na Rome toe.

Handelinge hoofstuk 19 tot 26.

Studievrae

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel