Lied 13
Christelike toewyding
(Exodus 39:30, NW)
1. Jehovah God is die Skepper
Van mens en dier en plant.
Die ganse heelal ’hoort aan Hom,
Is werke van sy hand.
Ons Lewegewer en Vader
Het duidelik getoon
Dat Hy ons aanbidding waardig is,
Dat Hy booor alles troon.
2. Die uitverkore volk Israel
Beloof by Sinai:
Van God se wet,volmaak en goed,
Sal ons nooit afwyk nie.
Jehovah God was hul Koning,
Hy lei hul met ’n wolk.
Nou was hul as nasie toegewy;
Voorwaar ’n geseënde volk!
3. Deur doop in water het Jesus
Geregtigheid vervul,
En nederig daar aangebied:
‘Ek doen voortaan Gods wil.
’Toe Jesus uit die Jordaan kom
As Gods gesalfde Seun
Sou hy Hom lojaal,gehoorsaam dien,
Want God sou hom ondersteun.
4. Ons kom voor u,o Jehovah,
Ons wil u guns verkry.
Ons self het ons verloën en toe
Ons lewens toegewy.
U gee u Eniggeboor’ne
Dat ons die lewe erf.
Ons lewe nie langer vir onsself;
Vir u sal ons leef of sterf.