Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • Ssb lied 85
  • Jehovah is ons toevlug

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jehovah is ons toevlug
  • Sing lofliedere voor Jehovah
  • Soortgelyke materiaal
  • Jehovah is ons toevlug
    Sing vir Jehovah
  • Jehovah is ons toevlug
    ‘Sing met vreugde’ vir Jehovah
  • Jehovah is ons toevlug
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2001
  • ‘Soek toevlug by die naam van Jehovah’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
Sien nog
Sing lofliedere voor Jehovah
Ssb lied 85

Lied 85

Jehovah is ons toevlug

(Psalm 91:1, 2)

1. Jehovah is ons toevlug,

Die God wat ons bewaar.

Sy skadu is ons skuilplek;

Daar vrees ons geen gevaar.

Hy sal jou red van elke strik;

Geen onheilspes sal jou verskrik.

Jehovah is ’n vesting!

Vlug daarheen en word gespaar.

2. Al sien jy duisend struikel,

Tienduisend aan jou sy,

Dek God jou met sy vlerke;

Geen skade sal jy ly.

Jy hoef dus nooit te beef van vrees;

Jehovah sal jou redder wees.

Die pyl moet jy nie vrees nie;

’n Skild sal God vir jou bly.

3. Geen onheil sal jou tref nie,

Geen plaag sal jou ooit raak,

Want God sal deur sy eng’le

Jou hoed en jou bewaak.

Die sterk,jong leeu maak jou nie bang;

Vertrap die leeu en ook die slang.

Geen klip sal jou laat struikel,

Want God sal jou nooit versaak.

4. Dank God vir die belofte;

Dien hom soos dit betaam.

Verkondig al sy deugde,

Bewaar jouself van blaam.

Dien God getrou,dien hom alleen.

Hy sal jou red en grootliks seën.

Jehovah is ons toevlug,

’n Toring is sy groot naam.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel