Lied 94
Koning van die ewigheid, heilig u naam!
(Esegiël 38:23, NW)
1. Jehovah,allerhoogste God,
U leef tot in die ewigheid.
U toon geduld met diéwat spot,
Maar net tot u bepaal de tyd.
U naam moet nou geheilig word;
Te lank het mense dit gesmaad.
U toorn word weldra uitgestort
Op die wat u verag en haat.
2. Die ganse heelal is u werk,
O Koning van die ewigheid.
Die mens se boosheid ken g’n perk;
U sien verslegting wêreldwyd.
U Seun ont-vang sy Koninkryk,
Sy troon rus op geregtig heid.
Die vyand sal voor hom moet wyk.
Oor hul verderf is ons nie spyt.
3. U lof is wyd en syd besing
Deur u profete van weleer.
Hul woorde word vandag volbring,
’n Feit wat ons aan ander leer.
Ons aard’staan tot in ewigheid;
Dit sal nooit woes wees, maar bewoon.
O God,vertoon u majesteit,
En gee u knegte hulle loon.