Lied 102
Die vreugde oor die opstanding
1. Lasarus se lyk lê
In ’n koue graf.
Almal ween ontroosbaar
Oor die mens se straf.
Het tog sy vriend Jesus
Net betyds verskyn,
Het hy nie in Hades,
In die dood verdwyn.
Eindelik kom Jesus,
En hy roep toe luid
Waar sy dooie vriend rus:
‘Lasarus,kom uit!’
Toegebind in doeke
Het hy nou verskyn.
Blydskap vul sy vriende,
Hartseer het verdwyn.
2. Vriende hoop op redding
Deur die Seun van Jah.
Maar hul voel so hartseer
Daar by Golgota.
Toe hul Jesus weglê,
Hoe het hul getreur!
Alles was so somber.
Wat sou nou gebeur?
Maar sy troue vriende
Hoef nie lank te wag.
God maak hom weer lewend
Op die derde dag!
Vreugde vul sy vriende;
Smartneem gou die wyk.
Nou het hy die sleutels
Van die doderyk.
3. Weens die sonde kom dood
Oor heel ons geslag.
T’rugkeer van die dooies
Kom deur Christusmag.
Diéwat slaap in Hades
Sal sy stem dan hoor.
Weer eens sal die lewe
Hul soos eers bekoor!
Almal word geoordeel
Voor die Heer se troon.
Volgens wat hul dan doen,
Kry elkeen sy loon.
Bly hul dan gehoorsaam,
Sal hul lewe kry.
Op ’n nuwe aarde
Sal hul ewig bly.