Lied 113
Ons is Jehovah se Getuies!
1. Mense kniel voor hout en steen,
Maar ken nie die ware Een.
Hy is God Almagtig,
Kyk net om jul heen.
Kan ’n ander god miskien
Werklik in die toekoms sien?
En op getuies kan hul nie steun;
Want hulle godheid is ’n leuen.
(Refrein)
2. ‘Jul moet trou ge tuig’,sê God,
‘Dit verskaf my groot genot.
Ek is God Jehovah.
Bly by my gebod.
Lankal het ek jul gekoop;
Nou het julle weer ’n hoop.
Spreek oor my naam al word dit betwis.
Toon dat jul my getuies is.’
(Refrein)
3. So vereer ons God se naam
En verkondig ons sy faam.
Maar ons waarsku spotters:
‘Jul hoop sal beskaam.
’Leer hul dat God sal vergeef
As hul volgens sy wet leef.
Wie so getuig,kry vrede en krag,
En weet dat lewe op hom wag.
(Refrein)
Ons sal steeds getuies wees
Van Jehovah,sonder vrees.
Hy is die God wat waar profeteer;
Al’s wat hy sê,sal gebeur.