Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • je bl. 26-27
  • Verenigde leiding vir God se kudde

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Verenigde leiding vir God se kudde
  • Jehovah se Getuies—Verenig in die uitvoering van God se wil wêreldwyd
  • Soortgelyke materiaal
  • Gee die hedendaagse Bestuursliggaam jou samewerking
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Wie lei God se volk vandag?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2017
  • Hoe funksioneer die Bestuursliggaam vandag?
    Wie doen vandag Jehovah se wil?
  • Die ontwikkeling van die organisasie se struktuur
    Jehovah se Getuies—Verkondigers van God se Koninkryk
Sien nog
Jehovah se Getuies—Verenig in die uitvoering van God se wil wêreldwyd
je bl. 26-27

Verenigde leiding vir God se kudde

Sommige vra: ‘Hoe word die wêreldwye gemeente van Jehovah se Getuies bestuur?’ Ons antwoord: Die bestuursreëling is geskoei op die lees van die Christengemeente van die eerste eeu.

In die 1870’s het Charles T. Russell en sy metgeselle die inisiatief geneem om die resultate van hulle Bybelstudie te versprei deur middel van toesprake en gedrukte stof. Landwyd het diegene wat hulle met hierdie werk geaffilieer het, na Russell en sy intieme metgeselle opgesien as die groep manne met die meeste ervaring in die Here se werk en by wie hulle advies kon kry oor hulle bedrywighede.

In 1884 is Zion’s Watch Tower Tract Society kragtens die wette van die Gemenebes van Pennsilvanië gestig. Russell en sy verantwoordelike metgeselle was direk betrokke by die bestuur van hierdie Genootskap sowel as die werksaamhede van die Bybelstudente. In 1909 het hulle hul hoofkwartier na Brooklyn, New York, verskuif. Deur die jare heen het die direkteure van die Wagtoringgenootskap en ander geestelik bevoegde, gesalfde manne wat ten nouste met hulle verbonde was as ’n bestuursliggaam vir Jehovah se Getuies gedien.

Die Bestuursliggaam bestaan uit ’n groep gesalfde Christenmanne (13 in 1986) waarvan 7 lede in die raad van direkteure van die Wagtoringgenootskap dien. Hulle het toesig oor die wêreldwye werksaamhede van Jehovah se Getuies. Hulle is nie deur God geïnspireer en is derhalwe nie onfeilbaar nie, maar hulle verlaat hulle op God se onfeilbare Woord as die hoogste gesag op aarde, en het jarelange ervaring in die uitvoering van God se wil. Elkeen staan al meer as 40 jaar in die voltydse bediening van Jehovah se Getuies.

Die Bestuursliggaam hou toesig oor wat die Genootskap publiseer. Die inhoud van publikasies is gegrond op waarneming van die geestelike behoeftes van die kudde en is die resultaat van biddende en deeglike studie en navorsing van God se Woord. Namate hierdie manne volhou met hul studie van die Bybel en waarneming van die progressiewe ontvouing van God se voornemens, die vervulling van profesieë in wêreldgebeure en die posisie van God se volk in die wêreld, vind hulle dit soms nodig om, danksy toenemende lig, wysigings aan te bring in hulle begrip van sekere leerstellings. So vermeerder kennis van die waarheid voortdurend.—Psalm 97:11; Spreuke 4:18; Daniël 12:4.

Die Bestuursliggaam stel ’n Takkomitee van drie of meer geestelik bevoegde manne in elk van die meer as 90 takke aardwyd aan om toesig te hou oor die werk in meer as 200 lande en eilandgroepe. Die takke kommunikeer met die gemeentes onder hulle toesig. Daar is gereelde kommunikasie tussen die Bestuursliggaam en die Takkomitees, en lede van die Bestuursliggaam besoek elke jaar baie takke om op die hoogte van toestande te bly.

Hierdie manne is nie heersers oor die geloof van ander nie, maar is bedienaars wat hard werk sodat baie ander van God se Woord kan leer. Hulle dien nie ter wille van finansiële voordeel nie, maar hulle word van die nodige lewensmiddele voorsien net soos alle ander lede van Bethelgesinne. Dat hulle getrou dien, blyk uit die ywer, eenheid, hoë morele standaarde en getrouheid aan Bybelleerstellings wat Jehovah se Getuies wêreldwyd aan die dag lê.—1 Korinthiërs 3:5-9; 4:1, 2; 2 Korinthiërs 1:24; 3:1-3; 1 Petrus 5:2, 3.

• Watter bestuursreëling het ontwikkel?

• Wie dien vandag in die Bestuursliggaam, en wat is hulle verantwoordelikhede?

• Hoe word die werk in ander lande bestuur?

[Kaart op bladsy 26]

(Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)

Gebiede waar Jehovah se Getuies God se wil doen

[Prente op bladsy 26]

Presidente van die Wagtoringgenootskap

C. T. Russell, 1884-1916

J. F. Rutherford, 1916-1942

N. H. Knorr, 1942-1977

F. W. Franz, 1977-

[Prente op bladsy 27]

’n Paar van die meer as 90 takkantore vanwaar die wêreldwye werk van Jehovah se Getuies bestuur word

Kanada

Zambië

Duitsland

Japan

Australië

Brasilië

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel