Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • sp bl. 23-27
  • Dien Jehovah, nie Satan nie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Dien Jehovah, nie Satan nie
  • Geeste van die dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? bestaan hulle werklik?
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Jehovah is goed
  • Vermy onrein gebruike
  • Beoefen ware aanbidding
  • Assosieer met Jehovah se Getuies
  • Die waarheid oor die engele
    Wat kan die Bybel ons leer?
  • Verwerp valse godsdiens; beoefen ware godsdiens
    Die weg na die ewige lewe—Het jy dit gevind?
  • Wie is die engele en wat doen hulle?
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Jesus se mag oor die demone
    Leer by die Groot Onderwyser
Sien nog
Geeste van die dooies—Kan hulle jou help of jou skaad? bestaan hulle werklik?
sp bl. 23-27

Dien Jehovah, nie Satan nie

Ons het almal ’n keuse. Ons dien óf Jehovah óf Satan en sy demone. Ons kan nie albei dien nie. Hoe verstandig is dit tog om Jehovah te dien!

Jehovah is goed

Soos ons gesien het, geniet die demone dit om mense skade aan te doen en hulle te mislei. Jehovah is nie so nie. Hy het die mensdom lief soos ’n vader sy kinders liefhet. Hy is die Gewer van “elke goeie gif en elke volmaakte gawe” (Jakobus 1:17). Hy weerhou, selfs ten koste van homself, geen goeie ding van die mensdom nie.—Efesiërs 2:4-7.

Jesus het liefde aan mense bewys deur die blindes te genees, die stommes te laat praat, en die dooies weer lewend te maak

Jesus, God se Seun, het liefde vir mense getoon deur hulle siektes te genees

Dink aan die dinge wat Jesus, God se Seun, op aarde gedoen het. Hy het stommes laat praat en het die blindes weer laat sien. Hy het melaatses en kreupeles genees. Hy het demone uitgedryf en allerlei siektes genees. Jesus het, deur God se krag, selfs die dooies opgewek.—Mattheüs 9:32-35; 15:30, 31; Lukas 7:11-15.

Pleks van leuens te vertel om ons te verlei, vertel God altyd die waarheid. Hy mislei mense nooit nie.—Numeri 23:19.

Vermy onrein gebruike

Net soos ’n spinnerak ’n vlieg verstrik, so word miljoene mense deur bygelowe en leuens verstrik. Hulle vrees die dooies. Hulle vrees die demone. Hulle kwel hulle oor vloeke, voorbodes, toorgoed en fetisje. Hulle word verstrik deur opvattings en tradisies wat op die leuens van Satan die Duiwel gegrond is. God se knegte word nie deur een van hierdie dinge verstrik nie.

Jehovah is baie magtiger as Satan. As jy Jehovah dien, sal hy jou teen die demone beskerm (Jakobus 4:7). Jy sal nie betower kan word nie. In Nigerië het drie magtige toordokters byvoorbeeld probeer om ’n Getuie van Jehovah, wat geweier het om die dorp te verlaat, deur towery om die lewe te bring. Toe die towery misluk, het een van die toordokters bang geword, na die Getuie gegaan en hom om vergifnis gesmeek.

Die Efesiërs verbrand hulle boeke oor towery

Die Efesiërs het hulle boeke oor towery verbrand

As die demone jou lastig val, kan jy Jehovah se naam aanroep en hy sal jou beskerm (Spreuke 18:10). Maar as jy God se beskerming wil geniet, moet jy geheel en al wegbreek van enigiets wat met spiritisme en demonaanbidding verband hou. Aanbidders van God in eertydse Efese het dit gedoen. Hulle het al hulle boeke oor towery bymekaargemaak en dit verbrand (Handelinge 19:19, 20). God se hedendaagse knegte moet dieselfde doen. Raak ontslae van gelukbringertjies, amulette, “beskermende” toutjies, fetisje, boeke oor towery en enigiets anders wat met spiritistiese gebruike verband hou.

Beoefen ware aanbidding

As jy God wil behaag, is dit nie genoeg as jy bloot valse aanbidding laat vaar en ophou om slegte dinge te doen nie. Jy moet ware aanbidding daadwerklik beoefen. Die Bybel toon wat vereis word:

Ware aanbidding sluit die bywoning van vergaderinge en Bybellees in

Woon Christelike vergaderinge by.—Hebreërs 10:24, 25

Bestudeer die Bybel.—Johannes 17:3

Ware aanbidding sluit in dat jy vir ander preek, tot Jehovah bid en jou laat doop

Preek vir ander.—Mattheüs 24:14

Bid tot Jehovah.—Filippense 4:6, 7

Laat jou doop.—Handelinge 2:41

Assosieer met Jehovah se Getuies

Satan en die demone het mense op die aarde wat verkeerde dinge leer en beoefen. Maar Jehovah het ook ’n volk. Hulle is Jehovah se Getuies (Jesaja 43:10, NW). Oor die hele wêreld is daar meer as viermiljoen Getuies. Hulle almal probeer hard om goeie dinge te doen en om mense die waarheid te leer. In die meeste lande kan jy hulle by die Koninkryksaal ontmoet, waar hulle jou hartlik sal verwelkom.

Hulle werk is om ander te help om God te dien. Hulle sal die Bybel saam met jou in jou huis studeer en jou help om te leer hoe om Jehovah op die regte manier te aanbid. Jy hoef nie hiervoor te betaal nie. Dit is vir die Getuies ’n genot om ander die waarheid te leer omdat hulle mense liefhet en Jehovah God liefhet.

Jehovah se Getuies verwelkom mense by die Koninkryksaal en hou ’n Bybelstudie

Jehovah se Getuies sal jou help om God te dien

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel