Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • rq les 16 bl. 31
  • Jou besluit om God te dien

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jou besluit om God te dien
  • Wat vereis God van ons?
  • Soortgelyke materiaal
  • Is jy reg om gedoop te word?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2020
  • Doop en jou verhouding met God
    Wat leer die Bybel werklik?
  • Moet ek my lewe aan God toewy en gedoop word?
    Wat kan die Bybel ons leer?
  • Jongmense—Is julle gereed om gedoop te word?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe)—2016
Sien nog
Wat vereis God van ons?
rq les 16 bl. 31

Les 16

Jou besluit om God te dien

Wat moet jy doen om ’n vriend van God te word? (1, 2)

Hoe wy jy jou aan God toe? (1)

Wanneer moet jy gedoop word? (2)

Hoe kan jy die krag verkry om aan God getrou te bly? (3)

1. Om ’n vriend van God te word, moet jy ’n goeie kennis van Bybelwaarheid opdoen (1 Timoteus 2:3, 4), geloof stel in die dinge wat jy geleer het (Hebreërs 11:6), oor jou sondes berou hê (Handelinge 17:30, 31) en in jou lewenswandel omdraai (Handelinge 3:19). Dan moet jou liefde vir God jou beweeg om jou aan hom toe te wy. Dit beteken dat jy in ’n persoonlike, privaat gebed vir hom sê dat jy jou aan hom gee om sy wil te doen.—Matteus 16:24; 22:37.

2. Nadat jy jou aan God toegewy het, moet jy gedoop word (Matteus 28:19, 20). Doop laat almal weet dat jy jou aan Jehovah toegewy het. Doop is dus net vir diegene wat oud genoeg is om ’n besluit te neem om God te dien. Wanneer iemand gedoop word, moet sy hele liggaam ’n oomblik onder die water gedompel word.a—Markus 1:9, 10; Handelinge 8:36.

3. Nadat jy jou toegewy het, sal Jehovah van jou verwag om jou belofte na te leef (Psalm 50:14; Prediker 5:3, 4). Die Duiwel sal probeer keer dat jy Jehovah dien (1 Petrus 5:8). Maar jy moet deur gebed na aan God kom (Filippense 4:6, 7). Bestudeer sy Woord elke dag (Psalm 1:1-3). Bly na aan die gemeente (Hebreërs 13:17). Deur dit alles te doen, sal jy die krag verkry om aan God getrou te bly. Jy kan dus tot in alle ewigheid die dinge doen wat God van jou vereis!

[Voetnoot]

a ’n Studie van Kennis wat tot die ewige lewe lei, of ’n soortgelyke boek wat deur die Wagtoring- Bybel- en Traktaatgenootskap uitgegee word, word aanbeveel ter voorbereiding vir doop.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel