Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ct bl. 26-27
  • “Boueenhede van die heelal”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Boueenhede van die heelal”
  • Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee?
  • Soortgelyke materiaal
  • Het die elemente per toeval ontstaan?
    Ontwaak!—2000
  • ’n Kykie na die onsigbare—Wat word geopenbaar?
    Ontwaak!—2000
  • Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Wat Jehovah se dag sal openbaar
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
Sien nog
Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee?
ct bl. 26-27

Aanhangsel

“Boueenhede van die heelal”

Dit is hoe ’n moderne wetenskaplike ensiklopedie die chemiese elemente beskryf. Daar is ’n verstommende verskeidenheid onder die elemente van ons aarde; party is seldsaam; ander volop. Elemente soos goud tref die menseoog. Ander is gasse wat ons nie eens sien nie, soos stikstof en suurstof. Elke element bestaan uit een soort atome. Die samestelling van die atome en hulle onderlinge verband getuig van ekonomie en ontsagwekkende organisasie in tabelvormige orde.

Ongeveer 300 jaar gelede was net 12 elemente bekend—antimoon, arseen, bismut, goud, koolstof, koper, kwik, lood, silwer, swael, tin en yster. Namate meer ontdek is, het wetenskaplikes opgemerk dat die elemente ’n duidelike orde weerspieël. Omdat daar gapings in die orde was, het wetenskaplikes soos Mendelejeff, Ramsay, Moseley en Bohr teorieë oor die bestaan van onbekende elemente en hulle eienskappe opgestel. Daardie elemente is later ontdek net soos voorspel is. Waarom kon daardie wetenskaplikes voorspel dat daar materievorme is wat destyds onbekend was?

Wel, die elemente volg ’n natuurlike numeriese volgorde wat op die samestelling van hulle atome gebaseer is. Dit is ’n bewese wet. Skoolleerboeke kan dus ’n periodieke tabel van elemente in rye en kolomme uiteensit—waterstof, helium, ensovoorts.

Die McGraw-Hill Encyclopedia of Science & Technology sê: “Min sistematiserings in die geskiedenis van die wetenskap kan met die periodieke konsep as ’n algemene openbaring van die orde van die fisiese wêreld meeding. . . . Watter nuwe elemente ook al in die toekoms ontdek sal word, hulle sal vir seker ’n plek in die periodieke stelsel kry en sal met die orde daarvan ooreenstem en die gepaste familiale eienskappe hê.”

Wanneer die elemente in die rye en kolomme van die periodieke tabel gerangskik word, kan ’n merkwaardige verband tussen elemente in dieselfde kolom gesien word. In die laaste kolom is byvoorbeeld helium (nr. 2), neon (nr. 10), argon (nr. 18), kripton (nr. 36), xenon (nr. 54) en radon (nr. 86). Dit is gasse wat helder gloei wanneer ’n elektriese stroom deur hulle vloei, en hulle word in sommige gloeilampe gebruik. In teenstelling met party ander gasse reageer hulle ook nie maklik saam met verskeie elemente nie.

Ja, die heelal—tot selfs sy atoomdeeltjies—getuig van verstommende harmonie en orde. Wat is verantwoordelik vir hierdie orde, harmonie en verskeidenheid onder die boublokke van die heelal?

[Tabel op bladsy 27]

Periodieke tabel van die elemente

(Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)

Weerspieël die orde en harmonie van die elemente in die periodieke tabel blote toeval of intelligente ontwerp?

METALE

NIEMETALE

EDELGASSE

OORGANGSELEMENTE

Lantaniedreeks

Aktiniedreeks

I

II

III

IV

V

VI

VII

VIII

Naam van element Simbool Atoomgetal

waterstof H 1

helium He 2

litium Li 3

berillium Be 4

boor B 5

koolstof C 6

stikstof N 7

suurstof O 8

fluoor F 9

neon Ne 10

natrium Na 11

magnesium Mg 12

aluminium Al 13

silikon Si 14

fosfor P 15

swael S 16

chloor Cl 17

argon Ar 18

kalium K 19

kalsium Ca 20

skandium Sc 21

titaan Ti 22

vanadium V 23

chroom Cr 24

mangaan Mn 25

yster Fe 26

kobalt Co 27

nikkel Ni 28

koper Cu 29

sink Zn 30

gallium Ga 31

germanium Ge 32

arseen As 33

seleen Se 34

broom Br 35

kripton Kr 36

rubidium Rb 37

stronsium Sr 38

yttrium Y 39

zirkonium Zr 40

niobium Nb 41

molibdeen Mo 42

tegnesium Tc 43

rutenium Ru 44

rodium Rh 45

palladium Pd 46

silwer Ag 47

kadmium Cd 48

indium In 49

tin Sn 50

antimoon Sb 51

telluur Te 52

jodium I 53

xenon Xe 54

sesium Cs 55

barium Ba 56

lantaan La 57

serium Ce 58

praseodimium Pr 59

neodimium Nd 60

prometium Pm 61

samarium Sm 62

europium Eu 63

gadolinium Gd 64

terbium Tb 65

disprosium Dy 66

holmium Ho 67

erbium Er 68

tulium Tm 69

ytterbium Yb 70

lutesium Lu 71

hafnium Hf 72

tantaal Ta 73

wolfram W 74

renium Re 75

osmium Os 76

iridium Ir 77

platinum Pt 78

goud Au 79

kwik Hg 80

tallium Tl 81

lood Pb 82

bismut Bi 83

polonium Po 84

estaat At 85

radon Rn 86

fransium Fr 87

radium Ra 88

aktinium Ac 89

torium Th 90

protaktinium Pa 91

uraan U 92

neptunium Np 93

plutonium Pu 94

amerisium Am 95

curium Cm 96

berkelium Bk 97

kalifornium Cf 98

einsteinium Es 99

fermium Fm 100

mendelewium Md 101

nobelium No 102

lawrensium Lr 103

104

105

106

107

108

109

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel