Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • gl bl. 28-29
  • Jesus “in die land van die Jode”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jesus “in die land van die Jode”
  • ‘Sien die goeie land’
  • Soortgelyke materiaal
  • Die Beloofde Land
    ‘Sien die goeie land’
  • Toe Jehovah rigters verwek het’
    ‘Sien die goeie land’
  • B10 Israel in die tyd van Jesus
    Die Bybel – Nuwe Wêreld-vertaling
  • Israel in die dae van Dawid en Salomo
    ‘Sien die goeie land’
Sien nog
‘Sien die goeie land’
gl bl. 28-29

Jesus “in die land van die Jode”

TOE die apostel Petrus vir Kornelius getuig het, het hy gepraat van wat Jesus ‘in die land van die Jode en in Jerusalem’ gedoen het (Han 10:39). Watter gebiede dink jy is in Jesus se geskiedkundige bediening ingesluit?

“Die land van die Jode” het Judea ingesluit, waar Jesus van God se werk gedoen het (Lu 4:44). Nadat Jesus gedoop is, het hy 40 dae in die wildernis van Juda (of, Judea) deurgebring, ’n taamlike dor en verlate gebied waar rebelle en struikrowers dikwels aangetref is (Lu 10:30). Later het Jesus van Judea af noordwaarts gereis toe hy vir ’n Samaritaanse vrou naby Sigar getuig het.—Joh 4:3-7.

’n Oorsig van die Evangelies toon dat Jesus sy aandag hoofsaaklik op Galilea toegespits het. Hoewel hy vir die jaarlikse feeste suid gegaan het na Jerusalem, het hy die grootste deel van die eerste twee jaar van sy bediening in die noordelike deel van die Beloofde Land deurgebring (Joh 7:2-10; 10:22, 23). Byvoorbeeld, hy het talle merkwaardige leringe uiteengesit en indrukwekkende wonderwerke verrig terwyl hy naby of op die See van Galilea was. Jy sal moontlik onthou dat hy die stormagtige see tot bedaring gebring en selfs daarop geloop het. Hy het uit bote vir skares op die oewers van daardie see gepreek. Sy vroeë, intieme volgelinge het uit vissers- en landbougemeenskappe daar naby gekom.—Mr 3:7-12; 4:35-41; Lu 5:1-11; Joh 6:16-21; 21:1-19.

Die middelpunt van Jesus se bediening in Galilea was die kusdorp Kapernaum, “sy eie stad” (Mt 9:1). Hy was op ’n berghelling ’n kort entjie daarvandaan toe hy sy beroemde Bergpredikasie gegee het. Soms het hy per boot van die omgewing van Kapernaum af na Magadan, Betsaida of nabygeleë plekke gegaan.

Let op dat Jesus se “eie stad” redelik naby was aan Nasaret, waar hy grootgeword het; aan Kana, waar hy water in wyn verander het; aan Nain, waar hy ’n weduwee se seun opgewek het; en aan Betsaida, waar hy op wonderbaarlike wyse 5 000 manne gevoed en ’n blinde man weer laat sien het.

Ná die Pasga van 32 G.J. het Jesus noordwaarts gegaan in die rigting van Tirus en Sidon, Fenisiese hawens. Toe het hy sy bediening uitgebrei na party van die tien gehelleniseerde stede wat die Dekapolis genoem is. Jesus was naby Sesarea-Filippi (F2) toe Petrus hom as die Messias erken het, en die gedaanteverandering het kort daarna plaasgevind, moontlik op die berg Hermon. Later het Jesus in die streek Perea, oorkant die Jordaanrivier, gepreek.—Mr 7:24-37; 8:27–9:2; 10:1; Lu 13:22, 33.

Jesus het sy laaste week op aarde saam met sy dissipels in en om Jerusalem, “die stad van die groot Koning”, deurgebring (Mt 5:35). Jy kan nabygeleë plekke vind waarvan jy in die Evangelies gelees het, soos Emmaus, Betanië, Betfage en Betlehem.—Lu 2:4; 19:29; 24:13; sien “Jerusalem-omgewing”, insetsel op bladsy 18.

[Kaart op bladsy 29]

(Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)

Beloofde Land (Jesus se tyd)

Die land in Jesus se dag

Stede van die Dekapolis

E5 Hippo(s)

E6 Pella

F5 Skitopolis

F5 Gadara

F7 Gerasa

G5 Dion

G9 Filadelfia

H1 Damaskus

H4 Rafana

I5 Kanata

Hoofweë (Sien publikasie)

Algemene roete tussen Galilea en Jerusalem (Sien publikasie)

Alternatiewe roete tussen Galilea en Jerusalem, deur Perea (Sien publikasie)

A11 Gasa

B6 Sesarea

B8 Joppe

B9 Lidda

B12 Berseba

C4 Ptolemaïs

C8 SAMARIA

C8 Antipatris

C8 Arimatea

C9 Emmaus

C10 JUDEA

C11 Hebron

C12 IDUMEA

D1 Sidon

D2 Tirus

D3 FENISIË

D4 GALILEA

D4 Kana

D5 Sepforis

D5 Nasaret

D5 Nain

D7 Samaria

D7 Sigar

D9 Efraim

D9 Betfage

D9 Jerusalem

D9 Betanië

D10 Betlehem

D10 Herodium

D10 WILDERNIS VAN JUDA

D12 Masada

E4 Gorasin

E4 Betsaida

E4 Kapernaum

E4 Magadan

E5 Tiberias

E5 Hippo(s)

E6 Betanië? (oorkant die Jordaan)

F5 Skitopolis

E6 Pella

E6 Salim

E6 Enon

E9 Jerigo

F1 ABILENE

F2 Sesarea- Filippi

F4 Gamala

F5 Abila?

F5 Gadara

F7 PEREA

F7 Gerasa

G3 ITUREA

G5 Dion

G6 DEKAPOLIS

G9 Filadelfia

H1 Damaskus

H3 TRAGONITIS

H4 Rafana

H12 ARABIË

I5 Kanata

[Berge]

D7 Berg Ebal

D7 Berg Gerisim

F2 Berg Hermon

[Watermassas]

B6 Middellandse See (Groot See)

E4 See van Galilea

E10 Soutsee (Dooie See)

[Riviere]

E7 Jordaanrivier

[Fonteine en putte]

D7 Jakob se fontein

[Prent op bladsy 28]

See van Galilea. Kapernaum is links op die voorgrond. Uitsig is suidwes oor die Vlakte van Gennesaret

[Prent op bladsy 28]

Die Samaritane het op die berg Gerisim aanbid. Die berg Ebal is op die agtergrond

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel