Jerusalem en die Tempel van Salomo
DIT is “die vervolmaking van skoonheid” en “die stad van die Grootse Koning” genoem (Ps 48:2; 50:2; Klg 2:15). Jerusalem was die hoofstad van God se nasie (Ps 76:2). Nadat Dawid die stad van die Jebusiete afgeneem en dit sy hoofstad gemaak het, is dit “die Stad van Dawid” of bloot “Sion” genoem.—2Sa 5:7.
Hoewel Jerusalem nie op ’n baie strategiese plek geleë was nie, het dit roem verwerf omdat God sy naam daar gevestig het (De 26:2). Dit was die godsdienstige en administratiewe sentrum van die nasie.
Jerusalem lê op ’n hoogte van 750 meter bo seespieël in die sentrale berge van Judea. Die Bybel praat van sy “verhewenheid” en van aanbidders wat ‘opgaan’ om dit te bereik (Ps 48:2; 122:3, 4). Die eertydse stad is deur valleie omring: die Hinnomvallei in die weste en suide en die Kidronstroomvallei in die ooste (2Kn 23:10; Jer 31:40). Die Gihonfonteina in die Kidronvallei en En-Rogel na die suide het vars water voorsien, wat veral gedurende vyandelike aanvalle noodsaaklik was.—2Sa 17:17.
Op die diagram op bladsy 21 is die Stad van Dawid in rooi. Gedurende die bewind van Dawid en Salomo het die stad noordwaarts uitgebrei sodat dit Ofel (groen) en die berg Moria (blou) ingesluit het (2Sa 5:7-9; 24:16-25). Op laasgenoemde hoërliggende terrein het Salomo ’n luisterryke tempel vir Jehovah gebou. Stel jou menigtes aanbidders voor wat vir die jaarlikse feeste na “die berg van Jehovah” stroom! (Sag 8:3). Die padnetwerk wat op bladsy 17 voorgestel word, het sulke reise vergemaklik.
Salomo se tempel, wat met goud en edelstene versier is, was een van die duurste geboue wat ooit opgerig is. Dit is betekenisvol dat Jehovah die bouplan daarvoor voorsien het. Soos jy op die prent kan sien, was daar groot voorhowe en administratiewe geboue om die tempel. Dit is die moeite werd om die besonderhede daarvan te bestudeer.—1Kn 6:1–7:51; 1Kr 28:11-19; Heb 9:23, 24.
[Voetnoot]
a Koning Hiskia het hierdie fontein toegestop en ’n tonnel na ’n poel aan die westekant gebou.—2Kr 32:4, 30.
[Venster op bladsy 21]
Jerusalem het mettertyd na die weste en die noorde uitgebrei. Judese konings ná Salomo het nog mure en poorte gebou. Voortgesette argeologiese navorsing kan moontlik lig werp op presies waar party dele van die mure gebou was en hoe ver dit gestrek het. Die stad is in 607 v.G.J. vernietig en het 70 jaar lank woes gelê. Omtrent 80 jaar nadat die Jode teruggekeer het, het Nehemia met ’n omvattende herbouing van Jerusalem se mure begin.
[Diagram/Prent op bladsy 21]
(Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)
Jerusalem/Herod se tempel
TEMPELTERREIN IN SALOMO SE TYD
Kenmerke van die tempel
1. Die Allerheiligste
2. Die Heilige
3. Portaal
4. Boas
5. Jagin
6. Koperaltaar
7. Gegote see
8. Waentjies
9. Syvertrekke
10. Eetkamers
11. Binneste voorhof
TEMPELTERREIN
Berg Moria
Eetkamers
Waentjies
Syvertrekke
Die Boas
Allerheiligste Die Heilige Portaal Koperaltaar Binneste
Jagin voorhof
Waentjies Gegote
see
Ofel
Openbare plein?
Waterpoort?
STAD VAN DAWID
Berg Sion
Dawid se paleis
Fonteinpoort
Manasse se muur?
Hananeltoring
Meatoring
Skaappoort
Wagpoort
Inspeksiepoort
Perdepoort
KIDRON VALLEI
Laer muur?
Gihon
Latere watertonnel
TYROPOEONVALLEI
Aspoort (Potskerwepoort) (Mispoort)
En-Rogel
Valleipoort
HINNOMVALLEI
Hoekpoort
Bakoondtoring
Breë Muur
Efraimspoort
Openbare plein
Poort van die Ou Stad
Eerste noordelike muur
TWEEDE STADSDEEL
Vispoort
[Prent]
Ofel
Huis van Farao se dogter
Salomo se paleis
Huis van die Libanonwoud
Pilaarportaal
Troonportaal
Berg Moria
Groot voorhof
Tempel
[Prent op bladsy 20]
Op die voorgrond is waar “die Stad van Dawid” geleë was. Die tempel was op die gelykte (op die agtergrond)
[Prent op bladsy 20]
’n Rekenaarafbeelding van die eertydse “Stad van Dawid” en die tempel van Salomo