Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • bh bl. 199-bl. 201 par. 4
  • Jesus Christus—die beloofde Messias

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jesus Christus—die beloofde Messias
  • Wat leer die Bybel werklik?
  • Soortgelyke materiaal
  • Bewys Messiaanse profesieë dat Jesus die Messias was?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Profesieë oor die Messias
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Hulle het vir die Messias gewag
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Jesus Christus–die sleutel tot die kennis van God
    Kennis wat tot die ewige lewe lei
Sien nog
Wat leer die Bybel werklik?
bh bl. 199-bl. 201 par. 4

AANHANGSEL

Jesus Christus—Die beloofde Messias

OM ONS te help om die Messias te identifiseer, het Jehovah God baie Bybelprofete geïnspireer om besonderhede oor die geboorte, die bediening en die dood van hierdie beloofde Verlosser te voorsien. Al hierdie Bybelprofesieë is in Jesus Christus vervul. Hulle is verbasend akkuraat en bevat baie besonderhede. Kom ons kyk ter toeligting hiervan na ’n paar profesieë wat gebeure voorspel het wat met die Messias se geboorte en kinderjare verband hou.

Die profeet Jesaja het voorspel dat die Messias ’n nakomeling van koning Dawid sou wees (Jesaja 9:7). Jesus is dan ook in Dawid se geslagslyn gebore.—Matteus 1:1, 6-17.

Miga, ’n ander profeet van God, het voorspel dat hierdie kind uiteindelik ’n heerser sou wees en dat hy in “Betlehem Efrata” gebore sou word (Miga 5:2). Toe Jesus gebore is, was daar twee dorpe in Israel met die naam Betlehem. Die een was naby Nasaret in die noorde van die land en die ander een naby Jerusalem in Juda. Betlehem naby Jerusalem is vroeër Efrata genoem. Jesus is in daardie dorp gebore, net soos die profesie voorspel het!—Matteus 2:1.

’n Ander Bybelprofesie het voorspel dat die Seun van God “uit Egipte” geroep sou word. Die kind Jesus is na Egipte geneem. Hy is ná die dood van Herodes teruggebring, waardeur die profesie vervul is.—Hosea 11:1; Matteus 2:15.

Die tekste onder die hofie “Profesie” in die “Profesieë aangaande die Messias” bevat besonderhede oor die Messias. Vergelyk dit asseblief met die tekste wat onder die hofie “Vervulling” aangegee word. As jy dit doen, sal dit jou geloof in die waarheid van God se Woord verder versterk.

Terwyl jy hierdie tekste ondersoek, moet jy onthou dat dié wat profeties is, honderde jare voor Jesus se geboorte opgeteken is. Jesus het gesê: ‘Al die dinge wat in die wet van Moses en in die Profete en Psalms oor my geskrywe staan, moet vervul word’ (Lukas 24:44). Soos jy in jou eie Bybel kan sien, is hulle wel vervul—tot in die fynste besonderhede!

PROFESIEË AANGAANDE DIE MESSIAS

GEBEURTENIS

PROFESIE

VERVULLING

Gebore uit die stam Juda

Genesis 49:10

Lukas 3:23-33

Gebore uit ’n maagd

Jesaja 7:14

Matteus 1:18-25

Afgestam van koning Dawid

Jesaja 9:7

Matteus 1:1, 6-17

Deur Jehovah erken as sy Seun

Psalm 2:7

Matteus 3:17

Nie in geglo nie

Jesaja 53:1

Johannes 12:37, 38

Op ’n esel in Jerusalem ingery

Sagaria 9:9

Matteus 21:1-9

Verraai deur ’n intieme metgesel

Psalm 41:9

Johannes 13:18, 21-30

Verraai vir 30 silwerstukke

Sagaria 11:12

Matteus 26:14-16

Stil voor sy beskuldigers

Jesaja 53:7

Matteus 27:11-14

Die lot oor sy klere gewerp

Psalm 22:18

Matteus 27:35

Bespot terwyl hy aan die folterpaal gehang het

Psalm 22:7, 8

Matteus 27:39-43

Nie een van sy bene gebreek nie

Psalm 34:20

Johannes 19:33, 36

Begrawe by die rykes

Jesaja 53:9

Matteus 27:57-60

Opgewek voor verderwing

Psalm 16:10

Handelinge 2:24, 27

Verhoog na God se regterhand

Psalm 110:1

Handelinge 7:56

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel