Rolmodel—Die Sulammitiese meisie
Die Sulammitiese meisie weet sy moet helder dink wanneer dit by sake van die hart kom. “Ek het julle onder eed gestel”, sê sy vir haar vriendinne, “dat julle nie die liefde in my probeer wakker maak of opwek voordat dit daartoe geneig voel nie.” Die Sulammitiese meisie weet dat gevoelens maklik die oorhand kan kry oor gesonde verstand. Sy besef byvoorbeeld dat ander druk op haar kan plaas om in te gee onder die romantiese toenadering van iemand wat nie reg is vir haar nie. Selfs haar eie gevoelens kan goeie oordeel vertroebel. Daarom bly die Sulammitiese meisie soos “’n muur”.—Hooglied 8:4, 10.
Is jou beskouing van liefde so volwasse soos die Sulammitiese meisie s’n? Kan jy na jou kop luister en nie net na jou hart nie? (Spreuke 2:10, 11). Partykeer sal ander jou in ’n verhouding probeer dwing voordat jy reg is daarvoor. Jy kan sulke druk selfs op jouself plaas. Wanneer jy byvoorbeeld ’n seun en ’n meisie hand aan hand sien loop, voel jy desperaat om dieselfde soort verhouding te hê? Sou jy dink dat selfs iemand wat nie dieselfde Bybelse oortuigings as jy het nie, goed genoeg is? Die Sulammitiese meisie was volwasse waar dit by sake van die hart gekom het. Jy kan dit ook wees!