Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • bm deel 16 bl. 19
  • Die Messias verskyn

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die Messias verskyn
  • Die Bybel—Wat is die boodskap daarin?
  • Soortgelyke materiaal
  • Hulle het vir die Messias gewag
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Wie is Jesus Christus?
    Wat kan die Bybel ons leer?
  • Wie is Jesus Christus?
    Wat leer die Bybel werklik?
  • Die Messias! God se middel tot redding
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
Sien nog
Die Bybel—Wat is die boodskap daarin?
bm deel 16 bl. 19
Johannes doop Jesus

DEEL 16

Die Messias verskyn

Jehovah identifiseer Jesus van Nasaret as die langbeloofde Messias

SOU Jehovah mense help om die beloofde Messias te identifiseer? Ja. Kyk wat God gedoen het. Ongeveer vier eeue het verloop sedert die Hebreeuse Geskrifte voltooi is. In ’n stad genaamd Nasaret, in die noordelike streek Galilea, het ’n jong vrou, Maria, ’n uiters verbasende besoek ontvang. ’n Engel met die naam Gabriël het aan haar verskyn en vir haar gesê dat God sy werkende krag, sy heilige gees, gaan gebruik om haar geboorte te laat gee aan ’n seun, hoewel sy ’n maagd was. Hierdie seun sou die langbeloofde Koning word, die een wat vir ewig sou heers! Hierdie kind sou God se eie Seun wees, wie se lewe deur God oorgeplaas sou word van die hemel na die baarmoeder van Maria.

Maria het hierdie ontsagwekkende toewysing nederig aanvaar. Haar verloofde, ’n timmerman met die naam Josef, het met haar getrou nadat God ’n engel gestuur het om hom gerus te stel oor die rede vir Maria se swangerskap. Maar wat van die profesie wat sê dat die Messias in Betlehem gebore sou word? (Miga 5:2). Dié dorpie was sowat 140 kilometer van hulle af!

’n Romeinse heerser het beveel dat ’n sensus gehou word. Mense moes in hulle dorp van herkoms geregistreer word. Josef sowel as Maria se voorvaders het blykbaar van Betlehem af gekom; gevolglik het Josef sy swanger vrou soontoe geneem (Lukas 2:3). Maria het in ’n nederige stal geboorte gegee en die baba in ’n krip neergelê. Toe het God ’n menigte engele gestuur om vir ’n groep herders op ’n heuwelhang te vertel dat die kind wat kort tevore gebore is, die beloofde Messias, of Christus, is.

Later sou ook ander getuig dat Jesus die beloofde Messias is. Die profeet Jesaja het voorspel dat ’n man sou opstaan om die weg te berei vir die Messias se lewensbelangrike werk (Jesaja 40:3). Hierdie voorloper was Johannes die Doper. Toe hy die man Jesus sien, het hy uitgeroep: “Kyk, die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!” Party van Johannes se dissipels het Jesus onmiddellik gevolg. Een van hulle het gesê: “Ons het die Messias gevind.”—Johannes 1:29, 36, 41.

Daar was nog getuienis. Toe Johannes Jesus gedoop het, het Jehovah self uit die hemel gepraat. Deur middel van die heilige gees het hy Jesus as die Messias aangestel en gesê: “Dit is my Seun, die geliefde, wat ek goedgekeur het” (Matteus 3:16, 17). Die langbeloofde Messias het verskyn!

Wanneer het dit gebeur? In die jaar 29 HJ, net toe die 483 jaar wat deur Daniël voorspel is, tot ’n einde gekom het. Ja, dit is deel van die oorweldigende bewyse dat Jesus die Messias, of Christus, is. Maar watter boodskap sou hy gedurende sy tyd op die aarde verkondig?

—Gebaseer op Matteus hoofstukke 1 tot 3; Markus hoofstuk 1; Lukas hoofstuk 2; Johannes hoofstuk 1.

  • Hoe het Jehovah engele gebruik om Jesus as die Messias te identifiseer?

  • Hoe het God Johannes die Doper gebruik om Jesus as die Messias te identifiseer?

  • Hoe het Jehovah self sy Seun as die Messias geïdentifiseer?

God Se Seun In Watter Sin?

Jehovah is Jesus se Vader—maar nie op dieselfde manier waarop mans vaders is nie. Jesus se lewe het nie weens huweliksgemeenskap begin nie—hy is deur God geskep. Trouens, hy is die eerste persoon wat deur Jehovah geskep is (Kolossense 1:15-17). Omdat Jehovah die lewe aan Jesus gegee het deur hom te skep, kan Hy Jesus se Vader genoem word. Nadat hy hierdie geesseun geskep het, het Jehovah hom as “’n meesterwerker” gebruik om alle ander dinge voort te bring, met inbegrip van die fisiese heelal.—Spreuke 8:30.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel