Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ll deel 8 bl. 18-19
  • Wat beteken Jesus se dood vir jou?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat beteken Jesus se dood vir jou?
  • Luister na God en lewe vir ewig
  • Soortgelyke materiaal
  • Deel 8
    Luister na God
  • Wat is God se Koninkryk?
    Wat kan die Bybel ons leer?
  • Wat is God se Koninkryk?
    Wat leer die Bybel werklik?
  • Oor God se Koninkryk
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
Sien nog
Luister na God en lewe vir ewig
ll deel 8 bl. 18-19

DEEL 8

Wat beteken Jesus se dood vir jou?

Jesus het gesterf sodat ons kan lewe. Johannes 3:16

Vrouens kyk na Jesus se leë graf

Drie dae ná Jesus se dood het ’n paar vroue sy graf besoek. Dit was leeg. Jehovah het Jesus weer laat lewe.

Jesus verskyn aan sy apostels en gaan later hemel toe

Jesus het later aan sy apostels verskyn.

Jehovah het Jesus weer lewend gemaak, en hy is nou ’n magtige geespersoon wat nie kan sterf nie. Jesus se dissipels het gesien hoe hy na die hemel toe teruggaan.

  • Wat is “die betaling” vir sonde? – Romeine 6:23.

  • Deur Jesus kan ons vir ewig lewe. – Romeine 5:21.

God het Jesus weer lewend gemaak en hom Koning van God se Koninkryk gemaak. Daniël 7:13, 14

Vanaf Jesus se troon in die hemel regeer hy oor mense op ’n paradysaarde

Jesus het sy lewe gegee om ’n losprys vir die mens te betaal (Matteus 20:28). Deur middel van daardie losprys maak God dit vir ons moontlik om vir ewig te lewe.

Jehovah het Jesus Koning in die hemel gemaak. Jesus gaan oor die aarde regeer saam met 144 000 getroue mense. Hulle gaan ook hemel toe. Saam met Jesus vorm die 144 000 ’n regverdige regering in die hemel. Dit word God se Koninkryk genoem. – Openbaring 14:1-3.

God se Koninkryk sal die aarde ’n paradys maak. Oorlog, misdaad, armoede en honger sal nie meer daar wees nie. Mense sal regtig gelukkig wees. – Psalm 145:16.

  • Wat sal God se Koninkryk doen? – Psalm 72.

  • Ons moet bid vir God se Koninkryk om te kom. – Matteus 6:10.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel