Rolmodel—Rut
Die weduwee Rut weet wat lojaliteit is. Sy het verkies om by haar bejaarde skoonmoeder, Naomi, te bly, eerder as om na ’n geriefliker lewe in haar tuisdorp terug te keer. Al beteken hierdie besluit dat haar kanse om ’n huweliksmaat te vind, skraler sal wees, hou Rut haar oë gerig op die dinge wat werklik belangrik is. Haar liefde vir Naomi en haar begeerte om by Jehovah se volk te wees, is vir haar belangriker as om haar begeerte na ’n huweliksmaat oorhaastig te bevredig.—Rut 1:8-17.
Wil jy graag trou? Volg dan Rut se voorbeeld. Moenie net aan jou emosionele behoeftes dink nie; vra jou eerder af watter positiewe eienskappe jy het wat vir ’n toekomstige huweliksmaat aantreklik sal wees. Byvoorbeeld, is jy lojaal en selfopofferend? Bly jy by God se beginsels, selfs wanneer jou onvolmaakte vlees jou in die versoeking bring om dit nie te doen nie? Rut was nie desperaat om ’n maat te vind nie. Maar ná verloop van tyd het sy ’n man gevind wat volwasse was en wat soortgelyke eienskappe—en bowenal, ’n liefde vir God—gehad het. Dit kan ook met jou die geval wees.