Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • jl les 17
  • Hoe help kringopsieners ons?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe help kringopsieners ons?
  • Wie doen vandag Jehovah se wil?
  • Soortgelyke materiaal
  • Reisende opsieners—medewerkers in die waarheid
    Jehovah se Getuies—Verenig in die uitvoering van God se wil wêreldwyd
  • Reisende opsieners—gawes in die vorm van mense
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • Opsieners wat as herders oor die kudde toesig hou
    Georganiseer om Jehovah se wil te doen
  • Hoe reisende opsieners as getroue bestuurders dien
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
Sien nog
Wie doen vandag Jehovah se wil?
jl les 17

LES 17

Hoe help kringopsieners ons?

’n Kringopsiener en sy vrou

Malawi

’n Kringopsiener hou ’n velddiensvergadering

Velddiensgroep

’n Kringopsiener in die openbare veldbediening

Veldbediening

’n Kringopsiener hou ’n vergadering met die gemeentelike ouer manne

Ouermanvergadering

Die Christelike Griekse Geskrifte maak dikwels melding van Barnabas en die apostel Paulus. Hierdie manne het as reisende opsieners gedien en die vroeë gemeentes besoek. Waarom? Hulle was opreg besorg oor die welsyn van hulle geestelike broers. Paulus het gesê dat hy wil “terugkeer en die broers besoek” om te sien hoe dit met hulle gaan. Hy was bereid om honderde kilometers af te lê om hulle te gaan versterk (Handelinge 15:36). Ons reisende opsieners het vandag dieselfde begeerte.

Hulle kom om ons aan te moedig. Elke kringopsiener besoek sowat 20 gemeentes en bring twee keer per jaar ’n week saam met elke gemeente deur. Ons kan grootliks baat vind by die ondervinding van hierdie broers en dié van hulle vrouens, indien hulle getroud is. Hulle probeer om jonk sowel as oud te leer ken, en hulle is gretig om ons in die veldbediening en na ons Bybelstudies te vergesel. Hierdie opsieners doen herdersbesoeke saam met die ouer manne, en hulle hou aanmoedigende toesprake by vergaderinge en byeenkomste om ons te versterk.—Handelinge 15:35.

Hulle toon belangstelling in almal. Kringopsieners stel baie belang in die geestelike toestand van die gemeentes. Hulle vergader met die ouer manne en bedieningsknegte om die vordering wat gemaak is, te bespreek en om hulle praktiese raad te gee in verband met die nakoming van hulle verantwoordelikhede. Hulle help die pioniers om ’n sukses van hulle bediening te maak, en hulle geniet dit om nuwelinge te leer ken en van hulle geestelike vordering te hoor. Elkeen van hierdie broers gee vryelik van homself as “’n medewerker in [ons] belang” (2 Korintiërs 8:23). Ons moet hulle geloof en toegewydheid aan God navolg.—Hebreërs 13:7.

  • Waarom besoek kringopsieners die gemeentes?

  • Hoe kan jy by hulle besoeke baat vind?

VIND MEER UIT

Maak ’n aantekening op jou kalender van die kringopsiener se volgende besoek aan die gemeente sodat jy nie sy toesprake by die Koninkryksaal misloop nie. As jy wil hê dat hy of sy vrou daardie week jou Bybelstudie moet bywoon sodat jy hulle beter kan leer ken, kan jy dit gerus vir jou onderrigter meld.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel