Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • yc les 14 bl. 30-31
  • ’n Koninkryk wat oor die hele aarde sal regeer

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Koninkryk wat oor die hele aarde sal regeer
  • Leer jou kinders
  • Soortgelyke materiaal
  • God se vriende sal in die Paradys lewe
    Jy kán God se vriend wees!
  • Wat is God se voorneme met die aarde?
    Wat vereis God van ons?
  • Wie sal opgewek word? Waar sal hulle lewe?
    Leer by die Groot Onderwyser
  • ’n Koninkryk wat die hele aarde sal verander
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
Sien nog
Leer jou kinders
yc les 14 bl. 30-31
Jesus Christus regeer as Koning oor die Paradysaarde

LES 14

’n Koninkryk wat oor die hele aarde sal regeer

Kan jy raai van watter Koninkryk ons praat?— Ja, dit is God se Koninkryk, die Koninkryk wat die aarde ’n paradys sal maak. Wil jy graag meer leer oor hierdie Koninkryk?—

Elke koninkryk het ’n koning. En die koning regeer oor die mense van sy land. Weet jy wie die Koning van God se Koninkryk is?​— Dit is Jesus Christus. Hy woon in die hemel. Hy sal binnekort Koning oor almal op die aarde wees! Dink jy ons sal gelukkig wees wanneer Jesus Koning oor die hele aarde is?—

Waarna sien jy uit in die Paradys?

Ons sal baie gelukkig wees! In die Paradys sal mense nie meer baklei of oorlog maak nie. Almal sal lief wees vir mekaar. Niemand sal siek word of doodgaan nie. Die blindes sal sien, die dowes sal hoor en mense wat vroeër nie kon loop nie, sal kan hardloop en spring. Almal sal oorgenoeg kos hê om te eet. En die diere sal met mekaar en met ons vriende wees. Mense wat doodgegaan het, sal weer lewe. Baie van die manne en vroue van wie jy in hierdie brosjure geleer het, soos Rebekka, Ragab, Dawid en Elia, sal ook weer lewe! Sal jy graag met hulle wil praat?—

Jehovah is lief vir jou en wil hê dat jy gelukkig moet wees. As jy aanhou om van Jehovah te leer en aan hom gehoorsaam te wees, sal jy vir ewig in ’n pragtige paradys kan lewe! Is dit wat jy wil hê?—

LEES IN JOU BYBEL

  • Jesaja 2:4; 11:6-9; 25:8; 33:24; 35:5, 6

  • Johannes 5:28, 29; 17:3

VRAE:

  • Wie is die Koning van God se Koninkryk?

  • Oor wie sal Jesus Koning wees?

  • Hoe sal die lewe wees wanneer Jesus oor die aarde regeer?

  • Wat moet jy doen as jy vir ewig in die Paradys wil lewe?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel