Lied 148
Die gawe van u Seun
Jehovah, ons Vader,
Daar was geen hoop vir ons.
Die losprys gee egter
Hoop aan elke mens!
Ons wil u dus vereer,
Ons bes doen vir u, Heer,
En ander van u leer,
Want ons weet dis u wens.
(REFREIN)
Die gawe van u Seun
Gee hoop aan iedereen,
Maak lewe vir ons moontlik.
Ons loof en dank u vir u Seun.
U goedheid waardeer ons,
Dit trek ons tot u aan.
U groot naam, u vriendskap
Het ons liefgekry.
Maar u groot liefdedaad,
Wat lewe moontlik maak,
Het ons selfs meer geraak.
Die losprys maak ons vry.
(REFREIN)
Die gawe van u Seun
Gee hoop aan iedereen,
Maak lewe vir ons moontlik.
Ons loof en dank u vir u Seun.
(SLOT)
Jehovah, ons Vader, ons bid uit dankbaarheid.
Ons toon ons waardering vir die gawe van u Seun.
(Sien ook Joh. 3:16; 1 Joh. 4:9.)