Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • jy hfst. 5 bl. 18-bl. 19 par. 6
  • Jesus se geboorte – Waar en wanneer?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jesus se geboorte – Waar en wanneer?
  • Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Soortgelyke materiaal
  • Jesus se geboorte—Waar en wanneer?
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Jesus se geboorte—Waar en wanneer?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Engele maak Jesus se geboorte bekend
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Jesus word in ’n stal gebore
    My boek met Bybelverhale
Sien nog
Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
jy hfst. 5 bl. 18-bl. 19 par. 6
Maria sit op ’n donkie, en Josef lei hulle in Betlehem in

HOOFSTUK 5

Jesus se geboorte – Waar en wanneer?

LUKAS 2:1-20

  • JESUS WORD IN BETLEHEM GEBORE

  • HERDERS BESOEK DIE BABA JESUS

Die Romeinse keiser Augustus het beveel dat almal geregistreer moet word. Daarom moet Josef en Maria na die plek toe gaan waar hy gebore is, die stad Betlehem, suid van Jerusalem.

Baie mense het na Betlehem gekom om geregistreer te word. Die enigste blyplek wat Josef en Maria kan kry, is ’n stal, waar donkies en ander diere gehou word. Jesus word hier gebore. Maria draai hom in lappe toe en lê hom neer in ’n krip, ’n bak waarin kos vir diere gesit word.

God het sekerlik gesorg dat keiser Augustus hierdie registrasiewet maak. Hoekom? Want as gevolg daarvan kon Jesus in Betlehem gebore word, die tuisdorp van sy voorvader koning Dawid. Die Skrif het lank voor die tyd voorspel dat hierdie stad die geboorteplek van die beloofde Koning sou wees. – Miga 5:2.

Dit is ’n baie belangrike nag! Buite in die veld skyn ’n helder lig rondom ’n groep herders. Dit is Jehovah se heerlikheid! Een van God se engele sê vir die herders: “Moenie bang wees nie, want ek maak goeie nuus aan julle bekend van groot vreugde wat die hele volk sal hê, want vandag is daar vir julle in die stad van Dawid ’n redder gebore, wat Christus die Here is. Só sal julle hom herken: Julle sal ’n baba vind wat in doeke toegedraai is en in ’n krip lê.” Skielik verskyn daar nog baie ander engele wat sê: “Heerlikheid aan God in die hoogtes daar bo, en vrede op aarde onder mense wat sy goedkeuring geniet.” – Lukas 2:10-14.

Maria, Josef en die herders kyk na die baba Jesus wat in die krip lê

Nadat die engele weg is, sê die herders vir mekaar: “Kom ons gaan dadelik na Betlehem om te sien wat gebeur het en wat Jehovah aan ons bekend gemaak het” (Lukas 2:15). Hulle gaan haastig daarheen en vind die pasgebore Jesus presies waar die engel gesê het hy sou wees. Wanneer die herders vertel wat die engel vir hulle gesê het, verbaas dit almal wat dit hoor. Maria bewaar al hierdie woorde en maak gevolgtrekkings in haar hart.

Vandag glo baie mense dat Jesus op 25 Desember gebore is. Maar in Desember is dit reënerig en koud in Betlehem. Partykeer sneeu dit selfs. Herders sou beslis nie daardie tyd van die jaar in die nag met hulle skape buite in die veld gewees het nie. En die Romeinse keiser sou ook nie vereis het dat ’n volk wat al klaar teen hom in opstand wou kom, dae lank in die middel van die winter moes reis om geregistreer te word nie. Jesus is blykbaar die een of ander tyd in Oktober gebore.

  • Hoekom moet Josef en Maria Betlehem toe gaan?

  • Wat gebeur die nag toe Jesus gebore word?

  • Hoekom is dit nie redelik om te dink dat Jesus op 25 Desember gebore is nie?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel