Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • jy hfst. 47 bl. 118-bl. 119 par. 6
  • ’n Jong meisie lewe weer!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Jong meisie lewe weer!
  • Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Soortgelyke materiaal
  • Trane verander in groot ekstase
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Trane verander in groot ekstase
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Jesus wek dooies op
    My boek met Bybelverhale
  • Ons kan wakker word uit die dood!
    Leer by die Groot Onderwyser
Sien nog
Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
jy hfst. 47 bl. 118-bl. 119 par. 6
Jesus wek Jaïrus se dogter op

HOOFSTUK 47

’n Jong meisie lewe weer!

MATTEUS 9:18, 23-26 MARKUS 5:22-24, 35-43 LUKAS 8:40-42, 49-56

  • JESUS WEK JAÏRUS SE DOGTER OP

Jaïrus sien dat die vrou met die bloedvloeiing deur Jesus genees is. Jesus kan sekerlik sy dogter ook help, al meen hy ‘dat sy dogter seker nou al dood is’ (Matteus 9:18). Kan sy nog gehelp word?

Terwyl Jesus nog praat met die vrou wat hy genees het, kom mans van Jaïrus se huis af daar aan en sê hulle vir hom: “U dogter het gesterf!” Hulle voeg by: “Hoekom sou u die Leermeester nog langer lastig val?” – Markus 5:35.

Watter verskriklike nuus! Hierdie man, wat so hoogs gerespekteerd is in die gemeenskap, is nou heeltemal hulpeloos. Sy enigste dogter het gesterf. Jesus hoor egter wat gebeur het, en hy draai na Jaïrus en sê die volgende gerusstellende woorde: “Moenie bekommerd wees nie. Beoefen net geloof.” – Markus 5:36.

Mense treur langs die bed van Jaïrus se dogter wat gesterf het

Dan gaan Jesus saam met Jaïrus terug na sy huis. Wanneer hulle daar aankom, sien hulle dat al die mense wat daar bymekaargekom het, verskriklik huil en treur. Jesus gaan in die huis in en sê iets verbasends: “Die kind het nie gesterf nie. Sy slaap” (Markus 5:39). Wanneer die mense dit hoor, lag hulle Jesus uit. Hulle weet dat die meisie eintlik dood is. Jesus sal nou egter sy godgegewe krag gebruik om te toon dat dit moontlik is vir mense wat gesterf het, om weer te lewe, net soos hulle uit ’n diep slaap wakker gemaak kan word.

Dan stuur Jesus almal behalwe Petrus, Jakobus, Johannes en die dooie meisie se ouers uit die huis uit. Jesus neem hulle vyf saam met hom na waar die meisie lê. Hy neem haar hand en sê: “‘Taliʹta koemi.’ Dit beteken: ‘Meisie, ek sê vir jou, staan op!’” (Markus 5:41). Sy staan onmiddellik op en begin loop. Stel jou voor hoe Jaïrus en sy vrou voel wanneer hulle dit sien – hulle is buite hulleself van vreugde! Jesus gee verdere bewyse dat die meisie regtig lewe deur te sê dat hulle vir haar iets moet gee om te eet.

Toe Jesus by vorige geleenthede mense genees het, het hy vir hulle gesê om nie bekend te maak wat hy vir hulle gedoen het nie, en nou sê hy dit ook vir hierdie ouers. Maar die vreugdevolle ouers en ander verkondig die nuus “deur daardie hele gebied” (Matteus 9:26). Sou jy nie opgewonde daaroor praat as jy gesien het hoe een van jou geliefdes uit die dood opgewek word nie? Dit is die tweede opgetekende opstanding wat Jesus verrig.

  • Watter nuus ontvang Jaïrus, en hoe stel Jesus hom gerus?

  • Wat is die situasie by Jaïrus se huis wanneer hy en Jesus daar aankom?

  • Hoekom sê Jesus dat die dooie kind net slaap?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel